Tag Archives: lewensles

Die besembestuurder

10 Mar

KOM ONS DINK VANDAG TWEE KEER VOOR ONS KLA!

swart man

‘n Ware storie daar vanuit Bethlehem , Vrystaat, se wêreld…

Ek kom vanoggend so 07:15 by die werk, sluit my werkswinkel oop en dank my

Hemelse Vader vir die werkswinkel, gesondheid en omdat ek SY vrede en

vreugde ervaar. Lees voort

LEEF!!!!

1 Des
Dit gaan met ons almal gebeur. Dit gebeur elke dag. Dit kom sonder om die deurklokkie te lui of ‘n reminder op jou foon te stel. Ek hou niks van die woord nie: Dood. Niemand spring dit vry nie. 

Die afgelope paar weke hoor ek amper daagliks van afsterwes. Hierdie naweek was dit ‘n familielid. Sommer netso. Geen waarskuwing, slegs hoofpyn deur die loop van die dag. Toe om 19:00 die oproep wat finaliteit bevestig. “Life has no rewind button, only forward” skryf John Ortberg in It all goes back in the box. Vandag is nog ‘n dag vir my en jou om vorentoe te beur en om dit te doen met ‘n goeie houding, saam met ander en ook vir ander.

Op hierdie oomblik het ons net vandag. More kan vir jou opdaag maar dalk nie vir my nie. Moet asseblief nie somber voel nie, vier eerder vandag omdat dit hier is! Jy is hier!

Druk die pause knoppie in jou elektroniese dagboek en proe regtig die koffie in jou beker, voel tasbaar die soen op jou wang, vat doelbewus aan die kleurvolle vrugte op die rak, gaan staan in die reën en … LEEF!

Yesterday is history, tomorrow a mystery – today is a gift that’s why it’s called the present

 

 

-Skrywer Onbekend-

Lewensles

17 Nov

Alles kan in ‘n oogwink verander.
Want God werk op vreemde wyses.
Sy wil is nie ons wil nie. Lees voort