‘n Sielsblik

10 Nov

Die lewe. Asemhaal. Vorentoe. Elke dag. Tree vir tree.

Maak dit saak, maak enige iets saak?

Wat as die treë agtertoe meer en groter word as dié vorentoe?

Dit is donker, soms sluk dit jou in.

 

Positief sê almal, wees altyd positief.

Sien hulle die skaduwee agter die groen boom?

Die randjies van die blare begin verbruin,

Maak reg vir die lang Winter.

Die boom gooi elke stukkie onnodigheid af.

 

Vergewe, vergeet. Liefde en haat.

Noord en Suid.

Wit en Swart.

Dié pole raak soms een, soms verstrengel

In die harde werklikheid van die lewe.

Reg, verkeerd, wie weet?

‘n Kruispad, met vier rigtings.

 

Wie besluit?

Hoe om te besluit?

Kyk terug.

Help my.

Ek weet nie.

Stop.

Haal asem.

Dink Diep.

God.

Dankie.

 

 

Helga Gouws ©

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: