Om lief te hê

15 Nov

Ek kyk gister-aand ‘n fliek “Adam”. Teen die einde van die fliek sê een van die karakters die volgende “Dit is nie so belangrik dat iemand vir jou lief is nie. Die belangrikste is dat jy lief het”

Dié woorde het skerp in my geheue vasgesteek. Hulself vasgepen in die uithoeke van my hart.

Ons almal streef na die sprokiesverhaal, die “tot-die-dood-ons-skei”, die Hollywood einde, met twee mense wat voor ‘n sonsondergang soen, terwyl die krediete begin rol.

Ongelukkig is dit selde, of nooit, die geval. Party kry wel die soen, maar die krediete begin nie dadelik rol nie, die lewe wel.

Siekte, finansiële probleme, werk, kinders, familie-probleme, verhoudings en soms die dood is alles faktore wat ons nie inreken by die draaiboek nie. Daar is soveel dinge, te veel om te noem, wat ‘n effek op elke “maanskyn-en-rose” sprokie het.

Wat ek gister-aand met ‘n skok besef het, is dat geen van hierdie faktore belangrik is as jy iemand werklik liefhet nie. Solank as wat jy die ander persoon in jou lewe liefhet met alles was jy is, kan jy enige-iets oorkom.

Ek kon nooit verstaan hoe mense wie se wederhelfte hulle sleg behandel (hetsy fisiek, emosioneel of verbaal) steeds die ander persoon kan vergewe, vergeet en liefhê nie. Gister-aand het alles net “geclick”

As jy iemand liefhet, bo alles en almal, KAN jy vergewe, KAN jy vergeet. Ek sê nie jy gaan altyd gelukkig wees nie, in teendeel maak sulke groot liefde jou ‘n potensiële teiken en los dit jou oop vir seerkry.

Die ironie van dit is dat as jy so voel, jy dit die meeste van die tyd nie eers besef nie. Jy besef nie hoe gelukkig jy is om die vermoë te hê om onselfsugtelik lief te hê nie. Om iemand só spesiaal in jou lewe te hê, iemand wat hierdie liefde aangesteek het, en aan die brand hou.

Die ontvanger van hierdie tipe liefde is normaalweg salig onbewus van dié groot seën in sy/haar lewe. Dit word dikwels aanvaar as normaal.

As jy iemand so liefhet, waardeer dit, koester dit, en hou die vuur aan die brand. Ek voel dat dit net soos enige groot natuurlike krag is. ‘n Aardbewing, tornado, vloed of brand. Dit is iets wat natuurlik gebeur, en onafwendbaar en meestal onkeerbaar. As enige van hierdie kragte in die natuur uitgewoed het is daar NIKS wat jy kan doen om dit weer te laat begin nie.

As so ‘n groot liefdesvuur uitbrand is dit meestal permanent. Die gewer is daarna uitgeput en nie in staat om dit weer aan die gang te sit nie. Jy as die draer van hierdie vuur het ‘n verantwoordelikheid om hierdie vuur te laat brand.

Jy as die ontvanger moet elke oomblik geniet en waardeer. Koester jou liefdesbron. Dit is ‘n “kans van ‘n leeftyd” om die ontvanger van hierdie liefde te wees.

My punt is dat een van die grootste vreugdes op aarde is om iemand volkome lief te hê.

Almal streef na ‘n verhouding waarin iemand JOU oneindig liefhet. Dit gaan jou semi-vervuld los. Regte vrede en vreugde kom wanneer jy kan liefhê.

Liefde. Onbevange, onkeerbaar, onbeheersd, onblusbaar, met alles wat jy het en is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: