Vitamiene vir die siel

17 Nov

Ons almal het vitamiene nodig in ons liggaam, al is party belangriker as ander.


Vitamiene A;
vir Aanmoediging en Inspirasie vir elke dag.

Vitamiene B;
vir Blydskap, smile so nou en dan vir iemand! Jy maak dalk net iemand se daggie.

Vitamiene D;
vir Dankbaarheid. Wees dankbaar vir alles wat jy het waarmee God jou geseen het.

Vitamiene E;
wees Eg en Eerlik met jouself en almal om jou.. Eerlikheid is die pad na enige iemand se Respek.

Maar:  Vitamiene C; is die belangrikste:
Vitamiene C;
Jy is tot alles in staat deur Christus wat jou die krag gee.


“Geniet Jou Dagie Vol Liewe Jesus Drukkies”.
As ons maar elke dag kan besef ons swem in die seën van God,
swem in
voorspoed,
swem in geluk en blydskap en
swem in die liefde van ons almagtige
Vader!

Dit is somtyds net nodig dat ons stop en dit raaksien!
Somtyds is dit selfs
nodig dat ons so ‘n tydjie afknyp om God te bedank daarvoor.

Wees jy nou die klein vissie en gaan vertel jou vriende waarmee God jou VANDAG geseën het!

Ek het vandag ‘n werk, kos, klere, gesondheid, ‘n dak oor my kop, familie, vriende en ek ervaar liefde.
Ja, ek LEWE in GENADE.

Ek DANK U, My Vader vir alles waarmee U my so ryklik geseën het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: