Wat is liefde?

26 Nov

Wat is liefde?

Dis ‘n houtkruis teen alleenheid,

‘n Steunpilaar in pyn,

‘n Vuurhoutjie en ‘n olielamp,

Wanneer jou lewenslig begin kwyn.

Dis ‘n skouer om op te huil,

Wanneer die wêreld jou soms druk,

‘n Hand wat weet wanneer Om jou vas Te hou,

en wanneer om vir jou ‘n roos te pluk.

Dis ‘n oor wat Na jou luister,

Al praat jy soms nie sense,

‘n Stem wat vir jou fluister:

“Jy’s ‘n dierbare mens.”

Dis ‘n kombers teen die koue,

‘n Sambreel teen die reën,

‘n Fort waardeur geen wind Kan waai,

Selfs wanneer die donderweer buite dreun.

Dis ‘n telefoonoproep uit die bloute,

‘n Drukkie wanneer jy dit die nodigste het,

En wanneer woorde oorbodig is,

Word Liefde ‘n stille gebed.

Bo alles is Liefde ‘n gawe van God –

Geen mens Kan daarsonder klaarkom –

Dis die kern van Sy grootste gebod.

-Celeste Herman-


5 Responses to “Wat is liefde?”

  1. Celeste Herman Augustus 6, 2012 at 7:31 nm #

    Hallo daar! Hierdie skrywer is nie onbekend nie – want dis ekke! Baie dankie dat jy dit op jou bladsy geplaas het. Ek voel so geëerd!
    Mooi daggie!
    Groete,
    Celeste Herman

  2. hx Februarie 23, 2014 at 4:07 nm #

    Dankie vir jou! Ek het dit reggestel x

    • Celeste Februarie 24, 2014 at 7:47 vm #

      Baie dankie weer vir die eer!
      Mooi week vir jou! xx

      • hx Februarie 24, 2014 at 12:19 nm #

        Jy mag enige tyd vir my van jou gedigte stuur. Ek sal dit plaas x

      • Celeste Februarie 24, 2014 at 1:24 nm #

        Baie dankie! Jy is dierbaar! xx

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: