Trou

24 Jan

Ek hou van ‘n man wat sy man kan staan,
ek hou van ‘n arm wat ‘n slag kan slaan,
‘n oog wat nie wyk, wat ‘n bars kan kyk
en ‘n wil wat so vas soos ‘n klipsteen staan!

Ek hou van ‘n man wat sy moeder eer,
in die taal uit haar vrome mond geleer,
die verraaiersgeslag in sy siel verag
wat, haar verstotend, homself kleineer.

Die oog wil ek sien wat ‘n traan nog ween
vir ‘n heldegeslag, in hul rus daarheen,
maar ‘n blits van trou in die traan van rou,
wat aan liefde weer gee wat haar bron is ontleen.

Vir my d’Afrikaner van durf en daad,
wat mammon’s eer en loon versmaad,
sy hoof en sy hand vir sy volk en sy land
en ‘n trap van sy voet vir laag verraad!

O, ‘k hou van ‘n man wat sy man kan staan;
ek hou van ‘n daad wat soos donder slaan,
‘n oog wat nie wyk, wat ‘n bars kan kyk
en ‘n wil wat so vas soos ‘n klipsteen staan!

-Jan F.E. Cilliers

3 Responses to “Trou”

  1. toortsie Januarie 24, 2011 at 9:28 vm #

    Ja! ek hou ook van hom so!!

    • hx Januarie 24, 2011 at 9:54 vm #

      Pragtige gedig!!!

  2. estelle hutton. Oktober 11, 2013 at 7:02 vm #

    Te oulik. Mens vergeet die waarde wat daar veronderstel is om te wees.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: