Diensplig

27 Jan
Eendag merk die dominee ' n klein seuntjie in die voorportaal van die
kerk op wat aandagtig na ' n groot gedenkplaat teen die muur staan en
kyk.

Dit was oortrek met name en daar was klein landsvlaggies weerskante.

Toe loop die dominee nader, kom staan langs die seuntjie, en sê
saggies: "Goeiemore my seun."

"Môre, Dominee," sê hy, met sy oë nog vasgenael op die plaat.

"Dominee, wat is dit hierdie?" vra hy.

Die dominee antwoord: "Wel, my seun, dit is 'n gedenkplaat vir al die
jongmanne wat in die diens gesterf het."

In doodse stilte en met groot eerbied staan die twee voor die plaat en
staar na die name.

Uiteindelik, in 'n skaars hoorbare stemmetjie en bewend van vrees vra
die seuntjie: "Watter diens, Dominee? Die oggend- 
of die aanddiens?"

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: