Die nuwe roete

22 Feb

Die nuwe pad!

Ek was bietjie weg…baie weg eintlik. Sommer van alles en almal, selfs myself. Soveel dinge het die laaste tyd gebeur, keuses, nuwe vriende, werksgeleenthede. Ek het die mees belangrike besluit gemaak wat enige vrou, mamma, ooit kan neem.

Ek het besluit om te skei.

Natuurlik het ek redelik baie insette gehad ten opsigte van dit.

Die “kerkmense” wou my kruisig.

Die tannies wat die bra’s uitruk sê “hooray vir vroue-regte”.

Vroue toegesluit in emosionele tronke bewonder my.

Dié wat deur ernstige probleme in hul huwelike gewerk het het my probeer oorreed om tog maar weer te probeer.

My ouers (wat ook geskei is) het vele, veelsydige, woorde van advies gehad.

Een ding is seker. Dit is ‘n keuse wat EK, en net EK moes maak. EK moet daarmee saamleef. EK moet aanvaar dat ek nooit weer saam met die pa van my kinders ‘n gemaklike deel sal hê in dagtake, allerdaagse aktiwiteite en selfs kinder-partytjies nie. Nou is dit ‘n skedule-organisasie wat my laat voel of ek die dagboek van ‘n internasionale sakeman (van magnatiese proporsie) beplan. -net om jou ‘n idee te gee, selfs my pa se troue hierdie jaar is gereël rondom die naweek wat die kinders by my is!

Aan die begin was ek alleen…sommer BAIE alleen. Wanneer die kinders 8h slaap het ek weggehardloop van die stilte, my eie gedagtes. Ek het gewerk tot ek my oë nie kon oophou nie, en dan uitgeput neergeval in my bed (te bang om té vas te slaap…daar is nou niemand anders wat kan hoor wat in die nag in die huis aangaan nie). Ek het myself 100% in my werk gegooi, en dan weer 100% in my kinders se lewe die oomblik wanneer ek hulle by die skool opgetel het. Ek dien op elke kommitee, is klas-voorsitster by my dogtertjie se skool, rig ‘n provinsiale aksie-netbal span af, help almal waar ek kan. Iemand het eendag gesê ek hardloop weg van myself af…dalk was dit waar, ‘n tyd gelede, maar nou geniet ek die ongelooflike gevoel van geluk. -moenie ‘n fout maak nie, ek het BAIE bekommernisse. Dié wat die meeste enkel-mammas seker maar het: finansies (die pa van my kinders betaal steeds nie onderhoud nie), werkspanning, nie genoeg ure in die dag nie, te min slaap…

Die ergste is seker die selfveroordeling waarmee alle mamma worstel elke dag. Doen ek genoeg, lees ek genoeg stories, luister ek genoeg, is ek te kwaai, is ek te vriendelik, is my kinders gelukkig, IS EK ‘n GOEIE MA?

Maar een ding is seker, selfs al is daar baie dinge wat pla, ek was baie lanklaas so gelukkig soos nou.

Ek het eendag ‘n baie waar ding gesien (ek vra om verskoning vir die Engels)

download

Hierdie het my vrygestel van soveel dinge. Ek is nou gelukkig omdat ek heeltemal myself kan wees.

Elke dag het nogsteeds sy eie uitdagings, maar ek het besluit om gelukkig te wees, om te LEWE, beheer te neem oor my lewe, my toekoms. Ek MAG gelukkig wees. Die gevoel van geestes-vryheid is absoluut oorweldigend. Ek is nou, na vele maande, gebalanseerd. Ek spandeer ‘n gesonde hoeveelheid tyd aan my kinders, my werk en my vriende. Ek is VERLIEF op my kinders (dit klink heeltemal kranksinnig, ek weet, maar ek sal in ‘n volgende blog hierdie ongelooflike konsep verduidelik). Ek is mal oor my werk. Ek oefen (nou wel nie so baie soos ek moet nie). Ek is gesond. Ek is dankbaar. Ek is geseënd.

God is goed.

9 Responses to “Die nuwe roete”

  1. susannatjie Februarie 22, 2014 at 10:42 nm #

    Die begin van die res van jou lewe. Eks hier as jy wil praat. Ek was daar xx

    • hx Februarie 23, 2014 at 6:39 vm #

      Baie dankie! Dit is waarlik ‘n nuwe begin en ek is so opgewonde (en bang) soos ‘n kind wat vir die eerste keer “groot skool” toe gaan! xxx

  2. 3kieschutte@gmail.com Februarie 23, 2014 at 4:32 vm #

    Dankie vir die deel van jou persoonlike lewe dit is prysenswaardig en so menslik Mag jy net vrede en geluk as jou metgeselle in jou toekoms voorentoe he Hou aan met jou blog dis verfrrissend anders en bruikbaar You go girl!!!!!!!!!
    Sent from my BlackBerry® wireless device

    • hx Februarie 23, 2014 at 6:38 vm #

      BAIE dankie!Ek het gister-aand sommer net getik, en nie besef iemand sal dit regtig lees nie! Waardeer dit meer as wat jy besef!

  3. tophamhannetjie@gmail.com Februarie 23, 2014 at 5:00 vm #

    Baie dankie vir hierdie insiggewende stuk. Ek worstel al lank met n lewe van net werk, werk en nogmaals werk. Dit was ongebalanseerde en skielik was ek verplig om n pakket te neem. Watnou, hoe gaan ek oorleef?. Wat gaan ek doen?. Hierdie woorde het my die versekering gegee dat God deur alles heen steeds in beheer is. Weereens baie dankie.
    Sent via my BlackBerry from Vodacom – let your email find you!

    • hx Februarie 23, 2014 at 6:38 vm #

      Weet jy, die enigste ding wat my regtig staande hou deur alles is my geloof dat God my hand vashou, dat as ek regtig in sy wil lewe, 100% gee vir my kinders en werk, ek heel anderkant sal uitkom. Moenie ophou bid nie!

  4. Drienie Februarie 23, 2014 at 8:40 vm #

    Dit is pragtig baie baie dankie is daar miskien dat julle hierdie in plaas van die rekenaar op my whatsapp te stuur ek sal dit vreeslik waardeer baie dankie

    0712337879

    Drienie & Willie Erasmus

    071 233 7879

    079 702 4510

  5. Santie Stander Maart 4, 2014 at 1:05 nm #

    Goeie dag.

    Ek sien hierdie gedagtes op my man se email en dis vir my baie mooi. Is dit moontlik dat jul dit vir my ook kan email na my email adres.

    Baie dankie, ek sal dit baie waardeer.

    santiestander3005@gmail.com

    Groete Santie

    • hx Maart 4, 2014 at 7:16 nm #

      Hi Santie. Dankie! Jy kan “subscribe” op dit. Kyk net onder-aan die webblad.Lekker aand xx

Lewer kommentaar