Ek is wie ek is…en dit is ek.

23 Feb

Wie bepaal hoeveel ‘n mens werd is? Wie het die reg om jou te oordeel, te veroordeel, oor jou verlede? Waar is vergifnis?

Ek is op die oomblik in ‘n ongelooflike moeilike posisie in my lewe. Aan die een kant wil ek weghardloop, ‘n muur bou om my hart, en aan die ander kant wil ek soos ‘n leeuwyfie staan en baklei vir my reg om weer te probeer. My reg om die verlede te vergeet, en aan te beweeg. My reg op ‘n beter lewe, ‘n beter toekoms en onvoorwaardelike liefde. Die wete dat ek genoeg is, nes ek is.

VergifnisEk kan nie meer baklei teen onverwagte, onbeplande aanvalle nie. Die aanhoudende pyle, wat juis op die tye wanneer ek op my gemak is, val. Die swaard-steke wanneer ek sonder my skild, ontbloot, staan. Die aanval word geloots uit ‘n kamp waar ek veilig moet voel, waar my hart beskerm moet wees. Die absolute grusame aanval op my hart het sy oorsprong in die spanningsveld van onsekerheid. Woorde wat as goeie intensies, vrae,  uit die boogskutter se boog lanseer, verander telke male op die een of ander wyse in brandende pyle van veroordeling, die gevoel dat ek nooit genoeg sal wees nie, en ongelooflike seer. My onvermoë om die aanval te neutraliseer, myself te beskerm en te verdedig, my aksies en verlede te verduidelik, kry my onder.

Niemand is perfek nie, dit is ‘n feit. Almal kan bespiegel oor wat hulle in ‘n sekere situasie sou doen of sê (of dalk nie sou sê of doen nie).

Ek is nie kwaad nie. Dit wat dalk op die oog af lyk soos woede is sterk gegrond in ‘n ongelooflike gevoel van teleurstelling… ‘n hartseer van enorme proporsie.

Ek is wie ek is. Of ek dit kan verduidelik of nie. My verlede is onomwonde deel van my, maar dit bepaal nie wie ek is of wat ek kan wees nie. Elke mens het ‘n keuse om die stukkies van homself wat verlore geraak het in die pad van die lewe op te tel, en weer heel te word.

My waarde word nie bepaal deur die opinie van mense nie, maar deur die alomteenwoordige liefde en vergifnis van my hemelse Pappa. HY is die een aan wie ek moet verantwoording doen, aan wie ek moet verduidelik.

Onvoorwaardelike liefde. Dit is seker te veel vir ‘n mens om te begryp, behalwe as dit by jou kinders kom. Sal iemand, behalwe my ouers, my ooit weer onvoorwaardelik kan liefhê?

1 Korintiërs 13:4-7: “Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.

Ek bid vir onvoorwaardelike liefde in my lewe. Ook dat ek myself onvoorwaardelik sal liefhê. Dit maak die deure van onvoorwaardelike liefde oop na my kinders, my medemens en selfs my vyande. C.J. Langenhoven het geskryf dat “Die gedienstige engel het gekom in ‘n huis waar daar liefde was, en met ‘n glimlag omgedraai, en gesê: My diens is hier oorbodig”

Corrie ten Boom sê dit so mooi: “Wanneer ons ons sonde bely gooi God dit in die diepste oseaan, weg vir altyd. En selfs al kry ek nie ‘n Teksvers vir dit nie glo ek dat God dan ‘n bordjie daar opsit wat sê:  ‘geen visvang’ ”.

1 Joh 1:9 “As ons ons sondes bely, is Hy getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig”

Die liefde, slegs die liefde, kan vergewe en vergeet, dien sonder om diens terug te verwag, onvoorwaardelik beskerm, en absoluut (nie relatief nie) aanvaar.

4 Responses to “Ek is wie ek is…en dit is ek.”

  1. JWM Februarie 24, 2014 at 4:57 vm #

    Baie sterkte. Ek verstaan jou situasie, want ek was al daar. As ek mag waag om vir jou raad te gee: maak ‘n nuwe begin en bou’n nuwe lewe.

    • hx Februarie 24, 2014 at 6:03 vm #

      Dankie. Ek sal beslis probeer x

  2. Emelda Maart 6, 2014 at 6:21 nm #

    Ds baie pragtig is nou baie hartseer sukkel om te aan vaar

    • hx Maart 7, 2014 at 12:50 nm #

      Dankie. Siels-woorde xxx

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: