My liefde

7 Mar

My eerste poging… xx

liefde

Jy is my holderstebolder engel

tuimel rond in my gedagtes

en maak ammok in my hart

onverwags het jy kom veg,

baklei teen al my smart

~♥~

Jy is my liewe lawwe snippie

wat my laat skaamkry

en uitbundig laat lag

die lig in my lewe,

die sonskyn in my dag

~♥~

Jy is my altyd-luister-oor,

jy gee my nuwe perspektief

my eerlike klankbord

sonsopkoms na die donker,

jy het my laat wakker word

~♥~

Jy het geen idee van jou waarde nie,

‘n kosbare skat vir my

dit maak jou selfs meer spesiaal,

jy is wonderlik verby

~♥~

Jy is in my drome

neem my gedagtes oor

my hart behoort aan jou

een honderd persent

vir altyd, en nou

~♥~

© Hx

infinity liefde

  

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: