Alleen

8 Mar

“Die diepste kern van alle alleenheid is ‘n mooi en kragtige verlange na eenheid met jou verlore self” –Brendan Francis

Ek HAAT alleen wees (en ja, ek weet ‘n mens mag nie haat nie) met ‘n passie. Nie alleen-wees soos om niemand om jou te hê nie…ek praat van dié tipe alleen wees wanneer ek tussen vele mense kan sit, selfs met baie van hulle gesels en lag, en nogsteeds voel asof ek alleen op die aarde is, asof ek alleen dra aan my hartseer, bekommernis en seer.

Hoeveel keer vra mense “hoe gaan dit”, en luister nie regtig na die antwoord nie? Is dit ‘n boere-ding om maar net te aanvaar dat die persoon gaan sê “goed dankie en met jou”? Stel ons regtig belang? Gee ons regtig om? Hoeveel keer besef mens iets pla iemand, maar doen nooit regtig die moeite om uit te vra en ‘n werklike verskil te maak nie? Ons is so vasgevang in ons eie gedagtes en bekommernis dat ander mense by ons verby gaan. Dalk het daardie persoon juis NOU ‘n bemoedigende woord nodig, of dalk net ‘n oor wat kan luister sonder om te oordeel.

Ek het die week besef dat ons almal alleen deur die lewe stap, ons elkeen ons eie kruis moet dra. Ja, ek weet dat mense soms saam met my op die lewenspad wandel, maar tog is hulle besig met hulle eie dinge. Ek het lanklaas so alleen gevoel…selfs al was ek nooit werklik op my eie nie. Ja, mense luister en gee raad, maar aan die einde van die dag lê ek alleen in my bed en worstel met die dinge van die lewe, met my hart se onstuimigheid.

Dan is daar natuurlik my bekommernis dat die mense om my effe moeg gaan raak vir my gekla en weeklaag oor my lewe (my bediende het besluit om die pad te vat die week, ek en die pa van my kinders het uiteindelik tot ‘n vergelyk gekom ten opsigte van ons skikking,maar hy betaal steeds nie onderhoud nie,  ek kan nie behoorlik werk nie –niemand om na my kinders te kyk nie, EN ek moes my kinders saam met my neem na ‘n netbal-oefening toe…massa histerie van ‘n anderste proporsie daai). Soos ek sê, ek basuin dit hier uit, maar wie gee regtig om? Almal het veel belangriker dinge om oor bekommerd te wees.

Alleen. Ek alleen is verantwoordelik vir my lewe, my geluk en my gemoedstoestand. EK moet beheer neem oor my situasie, EK moet myself elke aand in die spieel kan kyk en gelukkig wees met die mens wat ek is. Ek. Alleen. Net ek.

Alleen

NS: EK gaan van nou af meer bedag wees op ander mense se hartseer en bekommernis…dalk is my bemoedigende woord net dit wat hulle nodig het.

One Response to “Alleen”

  1. liana Oktober 14, 2015 at 1:01 nm #

    Baie mooi

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: