Jy…

9 Mar

liefde

Onverstaanbaar, hierdie gevoel in my

hoe werk jou verstand

wat gaan aan in jou hart

is jy teen my liefde bestand?

 ~♥~

Sal ek ooit goed genoeg kan wees

gaan jou hart sag word teenoor my

jou gedagtes, idees en drome,

mag ek eendag toegang kry?

 ~♥~

Kan ek jou hart leer ken?

ek wil verstaan hoe jy voel

waarvoor jy bang is,

wat jy met jou aksies bedoel

 ~♥~

Ek voel menigmale uitgesluit

dit wat jy sê en dit wat jy doen

soms twee verskillende dinge,

ek sukkel om die twee met mekaar te versoen

 ~♥~

Jou gedagtes, idees, spoke en drome,

sal jy dit eendag met my deel?

ek belowe om te probeer verstaan,

al word dit soms vir jou te veel

 ~♥~

Wees wie jy is

altyd eerlik met my

ek belowe ek sal nie wegdraai nie

ek is hier om te bly

~♥~

© Hx

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: