Labirint – Pieter F. Bruwer

9 Mar

Doolhof

Ek wil my weg in waarheid wandel
my sondes op die strand afspoel,
my onrus daar vir rus verhandel
tot ek lig soos ‘n veertjie voel.

Ek wil na skoonheid soek, nooit weifel,
totdat als leliks my verlaat,
ek kies berusting bo die twyfel
en liefde bo al hierdie haat.

Ek voel of ek verdwaald rondstruikel
soms of ek nooit die spoor sal vind,
maar soek volhardend met gesukkel
my weg deur hierdie labirint.

Ek swyg waar ek om wysheid worstel
met slegs die hoop lig sal deurbreek,
wat einde maak aan die gespartel
en eendag nuut tot my sal spreek.

-Pieter F. Bruwer

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: