My wens vir jou

9 Mar

Vrede in jou hart

met dinge buite jou beheer

in elke aspek van jou lewe

in jou gees

in jou gebede

~♥~

Rustigheid in jou gemoed

met elke besluit

in elke sekonde van die dag

terwyl jy slaap

ja, selfs in die nag

~♥~

Vergifnis

vir jouself

vir dié wat jou te nagekom het sonder rede

vir God

vir die seer in jou verlede

~♥~

Liefde in oorvloed

onbeheersd, onkeerbaar

daar waar jy werk en deel

vir jouself

vir jou medemens in geheel

~♥~

Passie, oneindig en sonder limiet,

vir jou werk

vir eendag en nou

vir God

en die toekoms waaraan jy bou

~♥~

Geluk

in elke dag

in elke aspek van jou lewe

hartsgeluk,

jy verdien dit onbestrede

~♥~

Drome van ‘n wonderlike toekoms

Jy verdien soveel meer

Alles kan ‘n realiteit wees

Net JY is in beheer

~♥~

©Hx

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: