Sonde met die bure

9 Mar

“Good fences make good neighbours” -Robert Frost

Skinderende Bure

En DIT is waar die probleem lê! Dié van julle wat self die “voorreg” het om in ‘n kompleks te bly sal verstaan wat ek bedoel. Ek hoor alles wat gebeur by my bure, sien alles wat hulle doen, ruik selfs wat hulle vir aandete voorberei. Ons “fences” het hekkies in sodat die tuinman wat die kompleks in stand hou oral kan inkom (ek verstaan nou die belangrikheid van ‘n goeie heining).

Volgens wet behoort almal se agterplaas in ‘n kompleks aan die kompleks. Dit is ‘n area wat enige-een ter enige tyd kan betreë (ek bedoel nou mense wat hier bly). Dit sluit ongelukkig jou buurman/vrou en die kompleks-bestuurder in.

Ek moet eers verduidelik dat die oom wat ons kompleks bestuur ‘n gawe, vriendelike ou oom is. Ek sien op sy WhatsApp foto hy was in die een of ander mag (dalk weermag?), want die foto is van hom in sy “pakkie-suit” met vele medaljes vasgespeld daaraan. En skielik sit ek nou, sopas, 1 en 1 by mekaar. DIT is hoekom hy ons kompleksie met ‘n rigiede, yster-hand bestuur. –selfs fotos vir my gestuur van sigarret-stompies agter in MY tuin (ja ja, ek moenie rook nie, en beslis nie ‘n vuil roker wees nie, maar ek het pas ingetrek en ek kon nie my asbak in die 37 bokse kry nie). Hy kom doen gereeld inspeksie van my agterplaas en ek het al aan allerlei maniere gedink om dit te verhoed…dalk eendag poedelnakend by die deur uitloop?

Dan is daar my bure. So ‘n geskinder het ek laas teegekom toe ek in Botswana in ‘n klein dorpie gebly het, en dit was amper so erg soos die tannies van Upington wat niks anders het om te doen nie. Almal weet alles van ALMAL, en as hulle nie weet nie sal Radio Kompleks hulle inlig. Hulle skinder oor en weer, oor alles, behalwe natuurlik oor hulself. Die oujongnooi wat oorkant my bly sit by haar venster tot in die middernagtelike ure, neem almal se kom en gaan in, en vertel dit dan oor aan my buurvrou langs-aan.

Blaf jou hond, is die tv te hard, huil jou kind te veel (en daar is baie van dié in my huis…my kind is outisties en elke “nee” word begroet met ‘n gil), dan is jy in die spreekwoordelike sop.

Gister-aand het buurman selfs my hondjie in my huis gesit omdat dié glo te veel blaf…deur my kamer-venster nogal. Toe ek by die huis kom was my gordyne afgeruk, hond het oral gepoef en gepiepie….daar is ‘n GOEIE rede hoekom ek nie my hond in die huis los as ek nie by die huis is nie! Nodeloos om te sê het ons (ek en my buurman nou) ‘n onderonsie oor die telefoon gehad vanoggend. Ek kla nie omdat sy kind die hele nag skree nie…kla nie as SY hond blaf nie, kla nie as hulle partytjie hou nie (en ek het nog nooit meer as een of twee mense aan huis gehad hier nie). In elkgeval, die gesprek het so geëeindig “Hou jy jou hond stil”, “Hou jy jou kind stil”, en dit was dit. –ek moet sê, dit is nogal snaaks om vanoggend te hoor hoe hulle elke keer as HULLE hond blaf uit die huis hardloop en hom stilmaak. Ja nee, vee eers voor jou eie deur mnr buurman…en mense in glashuise…😉

Mense in glashuise

Die bekende gedig deur Robert Frost

Mending Wall

Something there is that doesn’t love a wall,
That sends the frozen-ground-swell under it,
And spills the upper boulders in the sun;
And makes gaps even two can pass abreast.
The work of hunters is another thing:
I have come after them and made repair
Where they have left not one stone on a stone,
But they would have the rabbit out of hiding,
To please the yelping dogs. The gaps I mean,
No one has seen them made or heard them made,
But at spring mending-time we find them there.
I let my neighbour know beyond the hill;
And on a day we meet to walk the line
And set the wall between us once again.
We keep the wall between us as we go.
To each the boulders that have fallen to each.
And some are loaves and some so nearly balls
We have to use a spell to make them balance:
“Stay where you are until our backs are turned!”
We wear our fingers rough with handling them.
Oh, just another kind of out-door game,
One on a side. It comes to little more:
There where it is we do not need the wall:
He is all pine and I am apple orchard.
My apple trees will never get across
And eat the cones under his pines, I tell him.
He only says, “Good fences make good neighbours.”
Spring is the mischief in me, and I wonder
If I could put a notion in his head:
“Why do they make good neighbours? Isn’t it
Where there are cows? But here there are no cows.
Before I built a wall I’d ask to know
What I was walling in or walling out,
And to whom I was like to give offence.
Something there is that doesn’t love a wall,
That wants it down.” I could say “Elves” to him,
But it’s not elves exactly, and I’d rather
He said it for himself. I see him there
Bringing a stone grasped firmly by the top
In each hand, like an old-stone savage armed.
He moves in darkness as it seems to me,
Not of woods only and the shade of trees.
He will not go behind his father’s saying,
And he likes having thought of it so well
He says again, “Good fences make good neighbours.”

Goeie mure maak goeie bure

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: