Die besembestuurder

10 Mar

KOM ONS DINK VANDAG TWEE KEER VOOR ONS KLA!

swart man

‘n Ware storie daar vanuit Bethlehem , Vrystaat, se wêreld…

Ek kom vanoggend so 07:15 by die werk, sluit my werkswinkel oop en dank my

Hemelse Vader vir die werkswinkel, gesondheid en omdat ek SY vrede en

vreugde ervaar.

Die eerste kliënt kom vinnig nader en klim uit sy motor met ‘n Wimpy koffie

in sy hand en kla dis nie meer die koffie van ouds nie.. ‘n Ander persoon

wat ek ken kom van die slaghuis af opgestap met ‘n pakkie vleis en al

kouende aan sy biltong grom-groet hy so asof dit ‘n stryd is om te lewe.

Ek besluit vandag wil ek luister en ek het goed geluister…

Dit is nou 18:00, en ek wil jou vertel wat ek vandag gesien en ervaar het.

Ouens met baie geld kla oor pryse wat te hoog is. Die biltong man sê daar

Is amper geen vleis op die rakke nie. Die ander ou kla oor ou brood en ‘n

ander oor ‘n koue hamburger wat hy wil vat en in Steers se manager se dinges wil

opdruk. My suster kla oor haar CD speler wat skoongemaak moet word en dit kos R 80-00

wat sy nie kan betaal nie, want sy het nie geld nie.

Ek vertel jou kortliks wat ek vanoggend gesien en ervaar het. Die mense kla

en kla en ek wens hierdie klakouse met wie ek net vandag te doen gehad het

kon sien en ervaar wat ek vroegoggend gesien het – ek wonder waaroor hulle

dan sou kla. Terwyl die ou oor sy koue hamburger kla, vang my oog ‘n ou

kleurling wat in die slaghuis se vullis sakke krap. Die ou krap tussen die

sakke en ek hou hom dop. Hy krap iets uit, ruik daaraan, hap en sluk sonder

om te kou. Ek stap nader na hom.

“More”, groet ek. “Wat is jou naam?”

“My naam is Abraham my lanie” antwoord hy.

“Nou wat doen jy so vroeg hier tussen die ou vrot goed ou Abraham?”

“Ek is honger my lanie.”

“Maar ou Abraham, die goed is vrot.”

“Ek weet my lanie, maar die Jere het nog nie vandag vir my ‘n ietsie afgegooi nie, maskien

Hy is kwaad vir my.”

“Ou Abraham, hoekom vra jy nie vir geld as jy iets wil koop om te eet nie?”

“Ek het my lanie, maar daardie man” (en hy wys na die biltong eter,) “hy het

my amper netnou gaslaan, hy sê ek moet voetsek!”

“Hoe oud is jy Abraham?”

“78 my lanie.”

“Waar bly jy Abraham?”

“Daar bo teen die berg” (Dis 8 km).

“En jou mense, ou Abraham?”

“Net my vrou bly by my, mar sy bene kan nie meer werk nie nou kan sy nie uit die huis kom

Nie”.

“Kry jy oumens pension, Abraham?”

“Nee my lanie, nog nie, maar Mandela sal nog plan maak, so ek wag maar!”

Abraham se broek is nie meer ‘n broek nie – sy skoene het nie sole nie en daar is iets aan sy

lyf wat dalk lank terug ‘n hemp kon gewees het. Ek vra in my binneste ‘Here, wat nou?’ maar

ek kry geen antwoord nie, ek hoor niks.

“Ou Abraham, ek dink regtig nie die Here het van jou vergeet nie.”

“Ja my lanie.”

Die ou oë is glasig en dof, sy kop hang al vooroor soos hy jare lank al probeer om naby hom

te sien. Die vullis wa trek in om die vullis te verwyder, en die manne verskreeu ou Abraham.

“Waarnatoe gaan jy nou, ou Abraham?”

“Ek gaan brood soek om huis toe te vat my lanie – ek het klaar ‘n kannetjie vir die water.”

Ou Abraham het ‘n glimlag om sy geplooide mond. “As my lanie wil kan ek ‘n besem bestuur

en die plek mooi skoon vee vir ‘n stukkie brood.”

Ek dink by myself: ‘Is dit nou U HERE wat deur Abraham praat?’

“Ou Abraham, is jy seker jy het ‘n liksens om die besem te bestuur?”

“Ja my lanie, my vrou het dit vir my gagee toe sy bene siek geword het.”

“Dis goed so Abraham, die mense jaag jou oral maar vandag het die HERE jou ‘n groot werk

gegee – jy is van vandag af die ‘General Manager’ van die besems; jy is die Baas van die

besems; hierdie besems gaan vir jou koffie gee in die plek van water. ‘n Manager moet ook

mooi skoon aantrek en ‘n geldjie hê vir die ou vrou by die huis. Ek sien jy is ‘n man wat vir

ons nog baie in die toekoms gaan leer oor die lewe, ou Abraham”

“Kan ek elke dag inkom my lanie?”

“Ja Abraham, want Vrydae kry die Besem Managers ‘n lekker Wimpy ontbyt en

Besem Managers werk net van 8 – 11, want Besem Managers het tyd nodig vir hulle siek

vrouens.”

“Is reg so my lanie, ek sien nou die Jere het ‘n ander plan gahad vadag en ampor dink ek Hy

het my en die ou vrou gavageet. Jammer Jere omdat ou Abraham nie reg vastaan het nie.”

 Ek is die Here my God vandag so dankbaar vir iemand wat nie oor biltong kla

 nie, iemand wat nie oor leë rakke in die vleismark kla nie, iemand wat nie

 oor koue hamburgers en koffie kla nie. Ek is my Vader so dankbaar dat Hy ou

 Abraham nie vergeet het nie. Doen my, jouself en ander ‘n guns – en probeer

 net een dag niks kla nie, want ou Abraham was vandag vir my so ‘n groot

 inspirasie. ‘n 78 jarige half blinde man met toiings aan sy lyf wat nog

 steeds glimlag!!!!!!!!!!

 En ek sê met trots – vandag het ek ‘n waardige, my beste ooit,

 besembestuurder gekry!

 Die Here is vir ons so goed en as ek voel dit druk, kyk ek na my

 besembestuurder en ek weet – ek het mos niks om oor te kla nie…

2 Responses to “Die besembestuurder”

  1. Anita Ferreira April 2, 2014 at 8:14 vm #

    Aangrypende verhaal. Dankie dat ek vanoggend met ‘n knop so groot soos ‘n tennisbal in my keel sit wat ek nie kan afsluk nie en die besef dat ek so bevoorreg is om nog so baie elke dag te geniet. Dankie Liewe Vader vir U onuitsprekende Genade.

  2. Anne April 9, 2015 at 2:23 nm #

    Pragtige verhaal. Laat mens opnuut besef wees altyd dankbaar vir dit wat jy het. Als is net genade van Bo!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: