My liefste kinders

10 Mar

Ma en kinders

My liefste kinders

Al is ek party dae haastig

Soms bietjie kwaai

Wil ek hê julle moet weet

Ek het julle liewer as wat julle ooit kan raai

 ~♥~

Julle is belangrik, geliefd,

Onbeheersd en sonder weerga

Die hele nag en dag

Die hartseer tye,

En veral as julle lag

 ~♥~

Julle is die belangrikste mense in my lewe

My hart se punt

NIKS kan my liefde vir julle stop of keer

Oneindig en sonder ophou

Ek sê dit weer en weer

~♥~

Mamma hoop dat julle gelukkig is

Gelukkig sal wees

Dat ons ‘n goeie verhouding sal hê

Met geen geheime vir mekaar nie

Dat julle vir my enige iets kan sê

~♥~

Ek bid vir julle toe

Liefde

Sukses in jul lewens-pad

Lewe in oorvloed

En ‘n omgee-hart

~♥~

Ek weet julle moet self die lewe lewe

Julle lewe, nie myne nie

Ek sal met liefhê-woorde probeer lei,

Sodat julle elke spoor selfstandig kan trap,

En probeer om julle vir die lewe  voor te berei

~♥~

Onthou altyd

mamma is maar net ‘n mens

Met foute, al probeer ek hoé hard

Julle is altyd die belangrikste vir my

En ek doen my bes, alles met liefde in my hart.

~♥~

© Hx

3 Responses to “My liefste kinders”

  1. Louisa Maart 30, 2014 at 7:29 vm #

    Pragtig!

    • hx April 5, 2014 at 5:07 nm #

      Baie dankie xx Hx

  2. Rachel Februarie 5, 2015 at 8:44 vm #

    Baie mooi!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: