Vrou

19 Mar

sterk vrou, sonsopkoms

Hoe lyk vrou?

Word dit bepaal deur die die lengte van haar hare

die breedte van haar heupe

die lengte van haar naels

of haar keuse van klere

is haar innerlike regtig meer belangrik

Het jy al so gekies? Hoeveel kere?

 ~♥~

Wie is vrou?

kyk jy na haar humorsin

haar intelligensie

is dit meer belangrik as die grootte van haar borsmaat

kyk jy na die liefde vir haar medemens

of die hoeveelheid geld in die bank

Waar trek jy die grens?

 ~♥~

Waar is vrou?

is sy by die huis

sorg vir haar gesin

is sy gedrewe en op soek na sukses

het sy ambisie

gaan jy haar drome net afmaak as nikswerd

en dit dalk eendag teen haar gebruik as ammunisie?

 ~♥~

Wat is vrou?

sy het die liefde van die Here in haar hart

sy is passievol

gedrewe en ambisieus

lewenslustig

beskermend en troetelend

by haar voel jy rustig

 ~♥~

Sy kan hartstogtelik liefhê

maar ook naarstigtelik haat

sy is vergewensgesind

sy sal jou liefhê, met alles wat sy het

sy het ‘n altyd-luister-oor

waardeer haar, pas haar op

want eendag sal jy wens jy het haar nooit verloor.

~♥~

© Hx

vrou

2 Responses to “Vrou”

  1. Louisa Maart 30, 2014 at 6:52 vm #

    Ek dink dis uitstekend, raak sensitiewe punte aan!

    • hx April 5, 2014 at 5:08 nm #

      Dankie. Ek het dit op ‘n baie emosionele oomblik geskryf xx

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: