Allerliefste, ek stuur vir jou ‘n rooiborsduif

21 Mar

rooiborsduif vliegAllerliefste, ek stuur vir jou ‘n rooiborsduif

want niemand sal ‘n boodskap wat rooi is skiet nie.

Ek gooi my rooiborsduif hoog in die lug en ek

weet al die jagters sal dink dis die son.

Kyk, my duif kom op en my duif gaan onder

en waar hy vlieg daar skitter oseane

en bome word groen

en hy kleur my boodskap so bruin op jou vel

 –

Want my liefde reis met jou mee,

my liefde moet soos ‘n engel by jou bly,

soos vlerke, wit soos ‘n engel.

Jy moet van my liefde bly weet

soos van die vlerke waarmee jy nie kan vlieg nie

-Breyten Breytenbach-

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: