Enkel-ouer

23 Mar

enkel ouerdie woord sê niks

verwag meer

gee geen beloftes

laat jou elke dag leer

 

leer van jouself

jou innerlike krag

leer jou om op jou knieë te bly

elke dag

 

leer jou om met alleenheid te leef

iets wat niemand verstaan

niemand kan die totaliteit besef

behalwe as jy self daar staan

 

leer jou om jou tyd goed te benut

jou skedule word presies bestuur

beplanning van elke sekonde van die dag

verantwoording vir elke uur

 

leer jou waardering vir die klein dinge in die lewe

en om ondankbaarheid mis te kyk

jy lewe vir ‘n drukkie, ‘n soen

jou kind wat na jou hande reik

 

leer jou geduld met jou kinders

maar ook met jouself

soms vat dit meer as wat jy dink jy kan gee

jy moet net dieper delf

 

gee jou alles

en aanvaar met liefde jou lot

jy IS geseënd

hou net jou oë op God

 

© Hx

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: