jammer

23 Mar

my liefde

hoe kan ek beskryf wat ek dink en voel

ek maak jou seer

en dit is opreg nie wat ek bedoel

 

ek soek na woorde

die regtes dié keer

om vir jou te sê wat ek in my hart dra

ek probeer weer en weer

 

die onbehendigheid maak my mal

ek voel stom

woorde tuimel onderstebo uit my mond

asof niks daar-uit wil kom

 

ek probeer sonder sukses

my hart se dieptes oordra

die liefde, bewondering en respek

ook die kommer angs en vrae

 

‘n massiewe rots waaroor ek struikel

my woorde en aksies voel gedoem

elke probeerslag ‘n mislukking

daar is baie voorbeelde wat ek kan noem

 

jammer as ek oorreageer

en jou onbewustelik seermaak

my emosies hardloop met my weg

en ek is soms te liggeraak

 

jy is wonderlik

eerlik en opreg

ek is soms mislik

en jy dink ek waai jou woorde weg

 

jammer as ek jou laat voel jy is te min

ook wanneer ek praat sonder om te dink

dat in die proses van hart-skoonmaak

my woorde soms hol klink

 

ek sien alles raak

jou moeite, liefde en elke probeer

en al laat ek na om dit vir jou te sê

weet net dat ek dit uit my hart waardeer

 

ek is bang om te vertrou

en is jammer dat ek my vrese op jou projekteer

ek vererger elke situasie

ek weet ek moet leer om dit te beheer

 

ons albei het al die seer van die liefde gevoel

koester ‘n vrees vir totaal oorgee

maar ek stap die pad saam met jou

elke dag, elke treë

 

weet net in die donkerste storm

my hart is opreg

ek wil bitter graag hê jy moet besef

my liefde vir jou is 100% eg

 

woorde is te min

ek besef dit keer op keer

jammer jammer jammer

ek belowe ek sal harder probeer

© Hx

Vrede Vlag

One Response to “jammer”

  1. Monica Mei 12, 2016 at 8:34 nm #

    Pragtig, pragtig, pragtig.!!!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: