Ek verlang…

25 Mar

hemelse liefde

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

ek verlang na jou oë

hulle wat diep-kyk, alles raaksien

selfs dit wat verborge moes bly

altyd kyk of jy iewers kan dien

 

ek verlang na jou glimlag

daardie een wat jy bêre net vir my

jou gedagtes in jou mondhoeke vasgevang

as jy speel-speel my hart uit sy kluis sny

 

ek verlang na ons intieme oomblikke saam

praat oor die son en die maan

soms net lees en tv kyk

of wonder waarheen ons in die toekoms gaan

 

ek verlang na jou arms

veral as hulle styf vashou om my lyf

en deur dit, nes jy kan,

die donker in my hart verdryf

 

ek verlang na net ek en jy

sonder die bang-wees

sonder die spoke van die verlede

ek verlang na liefhê sonder vrees

 

© Hx

 

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: