My vriendin

26 Mar

Twee vriendinne

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

dankie vir die luister

die saam praat

saam huil

vir al jou goeie raad

 

dankie dat jy daar is

wanneer die donker roep na my

en die alleenheid my wil vang

weet ek jy is altyd aan my sy

 

dankie dat jy verstaan

al is ek nie altyd daar vir jou

jy het my nog nooit verraai nie

ek weet ek kan jou vertrou

 

dankie dat ons vriendskap sterk bly

al gesels ons nie elke dag

ek weet jy is altyd daar vir my

selfs in die middel van die nag

 

dankie vir die eerlike antwoorde

dat jy reguit is met my

weet ek waardeer jou

jou vriendin sal ek altyd bly

 

dankie vir die lekker lag tye

lag totdat ons magies pyn

die heerlike kuiers

ons ongelooflike samesyn

 

dankie dat ek saam met jou myself kan wees

en nooit hoef voor te gee

ek waardeer ons vriendskap

dit is voorwaar dieper as die diepste see

 

© Hx

 

5 Responses to “My vriendin”

  1. livingfragrance Maart 26, 2014 at 7:18 vm #

    Pragtige woorde die….

    • hx Maart 26, 2014 at 8:27 vm #

      Baie dankie xx

  2. Cielie Mei 26, 2015 at 5:20 vm #

    my beste vriendin het tans verhuis – ver ver van my af! Sy het hierdie gediggie vir my gestuur en ek is nou sommer aangedaan – dis sooo van toepassing op ons vriendskap!

    • hx Mei 27, 2015 at 3:16 nm #

      Ek is bly jy het dit waardeer. Vriendskap ken nie afstand nie, goeie vriendinne bly in jou hart Hx

Trackbacks/Pingbacks

  1. My vriendin | The life & fun as Living Fragrance - Maart 26, 2014

    […] My vriendin. […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: