nes ek is

8 Apr

as jy verlief gaan raak op my;

moenie verlief raak op my as ek opgetof is vir werk nie

moenie verlief raak op hoe ek lyk

nadat ek ure spandeer het om reg te maak

of op die valse glimlag waarmee ek na die kamera kyk

 

raak verlief op my lyf

die manier hoe dit baie breër raak om my heupe

en hoe ek nooit die perfekte lyf gaan hê

en hoe ek eintlik nie omgee nie

al is dit nie altyd wat ek sê

 

raak verlief op my ongeduld

my jaloerse buie

my vinnige humeur

selfs die tye wat ek net mooi niks voel nie

en soms heeltemal vergeet wat om my gebeur

 

raak verlief op hoe ek partykeer kan optree soos ‘n kind

en ander tye ek ongelooflik volwasse kan wees

hoe ek alles vir jou sal doen

al is my hart soms seer

en ek sal vergewe met ‘n soen

 

raak verlief op my emosionele gees

my somtydse onstabiele gemoed

en op hoe ander se woorde my raak

word verlief op my letsels, my merke en

alles wat my alles behalwe perfek maak

 

raak verlief op elke deel van my, goed en sleg,

en veral op alles wat ek as ‘n fout in myself sien

raak verlief op my, wie ek is in totaliteit

slegs dan sal ek saam met jou gelukkig wees

en dit, is ‘n feit

 

© Hx

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: