100 Dae van Dankbaarheid | kathugazette.co.za

11 Apr

Naas die no make-up selfie wat die laaste ruk sosiale media oorlaai het, is die 100 Dae van Dankbaarheid een van die nuutste neigings wat baie mense aan die gons het.

Die oppervlakkige kommentaar oor Oscar Pistorius se saak, die gekla oor kos-en huispryse wat styg en die verveling van elke dag se stakings en protesoptogte is vir eers opsygeskuif en daaglikse Facebook inskrywings het verander na daaglikse boodskap-pies van dankbaarheid en geluk.

Die 100 Dae van Dankbaarheid is ‘n aanlynprojek om mense meer gelukkig te maak. Nie net met hulleself nie, maar ook met hulle omstandighede. En om dankbaar te wees vir dit wat jy wel het, is een van die eerste stappe tot ware geluk, of so sê die kenners.

Volgens die webblad 100happydays.com lewe ons in ‘n tyd waar ons jaag van punt A tot punt B met skedules so vol dat mens skaars jou draaie kan kry. Die spoed waarteen ons leef is so vinnig dat ons vergeet om dít te geniet wat in die oomblik om ons gebeur, en om dankbaar te wees vir dit wat tans in ons lewe plaasvind.

Die 100 Dae van Dankbaarheid-uitdaging is gemik om mense se perspektief te verander en hulle fokus te skuif van die negatiewe na die positiewe  vir ‘n 100 dae lank. Volgens die webblad het meer as 71% van die deelnemers aan die projek tot dusver nie daarin geslaag om die 100 dae vol te hou nie en het êrens langs die pad net nie meer tyd gehad om dankbaar en gelukkig te wees nie.

Die projek is nie ‘n manier om vriende te vermaak met wat jy het of wat jy besit nie, en allermins ‘n manier om ander jaloers te maak op jou eie prestasie en welvaart. Dit is wel gemik op bewusmaking van hoeveel mens het om voor dankbaar te wees, veral as jy dan kyk na die omstandighede wat so wreed lyk in die media op die oomblik.

Dit is ‘n geleentheid om dankie te sê vir die groot genade wat ons van God ontvang, en vir elke dag se voorsiening en seëninge wat ons so maklik as van selfsprekend aanvaar.

Kan jy vir 100 dae lank dankbaar wees? Of is jy te besig, om regtig bewus te raak van al die goeie en wonderlike dinge wat om jou gebeur? Kom  ek daag jou uit tot die 100 Dae van Dankbaarheid!

Vir meer inligting rondom die projek, gaan loer gerus by www.100happydays.com.

Hettie du Plessis-

http://www.kathugazette.co.za/articles/2014/04/03/100-dae-van-dankbaarheid

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: