Is ek belangrik?

11 Apr

is ek belangrik

vir jou

in jou lewe

vir more

vir nou

 

dink jy so baie aan my

soos ek aan jou

het ek ‘n ewige plek in jou hart

wil jy met my deel

jou blydskap en jou smart

 

wil jy my regtig hê

net soos ek is

met my verlede

my emosionele uitbarstings

my net liefhê vir geen spesifieke rede

 

ek is emosioneel

onstabiel soms

ek twyfel in jou

twyfel in myself

of ons verhouding gaan hou

 

jy wil my niks belowe nie

ek mag niks verwag

die onsekerheid vreet my op

wat gaan aan in jou hart

in jou kop

 

is ek belangrik

vir jou

in jou lewe

vir more

vir nou

 

© Hx

 

Belangrik

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: