wanneer ‘n vrou ‘n man liefhet

11 Apr

wanneer sy vra “lyk ek vet?”

het sy het nodig dat hy sê “jy lyk pragtig”

wanneer sy kwaad en hartseer is

wil sy hê hy moet sy arms om haar sit

en haar saggies in haar nek soen

 

…en hy moet dit weet…

 

wanneer hy vêr is en besig is om te werk

is hy besig met werk

wanneer sy vêr is en besig is met werk

is sy besig om aan hom te dink

 

wanneer sy sê sy is “fine”

is sy absoluut glad nie

wanneer sy sê “ek mis jou”

beteken dit haar hart is stukkend

elke oomblik weg van hom voel soos ‘n leeftyd

 

wanneer sy bel en hy antwoord nie

of is gejaagd

voel sy hartseer en afgeskeep

wanneer hy bel voel dit soos kersfees

haar hart spring in haar keel

 

wanneer sy sê “ek is lief vir jou”

is hy veronderstel om dit vir haar te sê

nie omdat hy dit moet sê nie

maar omdat hy wil

en omdat hy dit voel en bedoel

 

sy wil belangrik voel

sy wil weet dat hy haar eerste stel

sy reël haar lewe om hom

met liefde

en verwag net ‘n klein deeltjie van dit terug

 

hanteer haar met liefde

pas haar op

die mure wat sy bou om haarself te beskerm

gaan jou uitsluit

dalk nie nou nie

maar wel eendag

 

waardeer haar

alles van haar

gee haar jou aandag en tyd

deel jou drome, vrese en lewe

sy moet nooit twyfel oor jou liefde

 

© Hx

2 Responses to “wanneer ‘n vrou ‘n man liefhet”

  1. Johann Augustus 9, 2014 at 11:36 nm #

    Om vir ‘n vrou te sê jy het haar lief, is soos om ‘n verbond met haar te sluit, ‘n verbond wat jy nooit durf verbreek nie. Sê liewer jy hou van haar, jy gee om vir haar, jy waardeer haar pleks van te vroeg te sê: Ek is life vir jou.

  2. Johann Augustus 9, 2014 at 11:37 nm #

    Om vir ‘n vrou te sê jy het haar lief, is soos om ‘n verbond met haar te sluit, ‘n verbond wat jy nooit durf verbreek nie. Sê liewer jy hou van haar, jy gee om vir haar, jy waardeer haar pleks van te vroeg te sê: Ek is lief vir jou.

Lewer kommentaar