sal jy vir my baklei?

12 Apr

die oomblik as ek aan jou dink

gaan ek na ‘n ander wêreld

‘n wêreld waar jy ook lief is vir my

die perfekte situasie

waar ek nooit kan seerkry

 

die waarheid is dat ek nie woorde het

om te verduidelik wat aangaan

sin daaruit te maak

enigsins ‘n logiese verklaring te gee

hoe stel ek my saak?

 

ek het nog nooit so verlore gevoel

ek kan aan niks anders dink

ek het beheer verloor

oor my hart en gedagtes

jy het my getoor

 

as ek jou kon laat gaan

as dit ‘n opsie vir my was

sou ek dit beslis vat

maar die stem binne my

sê dat ek jou moet saamvat op my pad

 

ek het absoluut geen idee

hoe ek jou moet laat gaan

hoe het jy dit reggekry

om my so lief te maak vir jou

my te maak bly

 

miskien is om lief te wees vir jou nie ‘n fout nie

miskien kan die droom ‘n realiteit wees

miskien kan ek my oë toemaak en glimlag

miskien as jy by my is sal my hart nie breek nie

miskien kan ek nog ‘n rukkie droom vannag

 

ek wonder soms of jy dieselfde voel

soms wonder ek of jy aan my dink

ek wonder soms of jy my naam in jou hart dra

soms wonder ek of jy ooit sal verstaan

presies wat ek van jou vra

 

ek twyfel oor ons toekoms

aan die begin het ek nooit gedink

dat ek vandag hier sal staan

ek wonder of daar vir my plek is in jou drome

en of jy vir altyd sal weggaan

 

die vraag is of jy omgee

besef jy hoe ek voel

sal jy jou eie ek laat staan

sal jy baklei vir my

of sal jy my net laat gaan

 

hoekom pla dit jou nie as ek huil

hoekom wil jy nie die seer wegvat

selfs as ek vir jou sê wat my beter sal laat voel

draai jy jou rug op my

en maak dit duidelik wat jy bedoel

 

met my hele hart wil ek belangrik voel

ek wil weet jy wil by my wees

dat jy smag daarna om my te sien aan die einde van ‘n moeilike dag

soos wat dit aan die begin was

dat jy moeite sal doen om my te laat lag

 

ek smeek vir jou aandag

jou tyd

ek is nie veronderstel om so te voel

liefde maak nie seer nie

verstaan jy wat ek bedoel

 

maak jou keuse en doen dit gou

ek kan nie so aangaan nie

is ons in ‘n verhouding

en aanvaar jy alles wat daarmee gepaard gaan

of verkies jy die alleen-wees ding

 

en moenie sê dat ek moet besluit of jy goed genoeg is vir my nie

want jy weet jy is

ek het al soveel maal dit verduidelik aan jou

my hart lê oop

jy moet besluit of jy my vertrou

 

ek verdien iemand wat mal is oor my

wat my belangrik genoeg ag

om berge te versit om my te sien en te soen

alles sal probeer om my te laat voel soos die prinses wat ek is

jy moet besluit of jy dit wil doen

 

© Hx

 

wegloop

10 Responses to “sal jy vir my baklei?”

  1. engela Mei 7, 2014 at 11:37 vm #

    die gedig is baie mooi

    • hx Mei 9, 2014 at 12:38 nm #

      Baie dankie Hx

  2. Dawid September 15, 2014 at 9:45 vm #

    Ek like die gedig baie… woorde en wense wat ek nie kon uitspreek en so perfek gedoen.

    • hx November 17, 2014 at 1:21 nm #

      Baie dankie Hx

  3. Alicia Esterhuizen Oktober 13, 2014 at 12:47 vm #

    Die gedig is puik. Ek sou dit nie beter kon stel nie. Die woorde is mooi uit een gele en alle gevoel en emosie is in die gedig in gesit ! Dankie Hx !!!

    • hx November 17, 2014 at 1:21 nm #

      Baie dankie Hx

  4. Liela November 6, 2014 at 9:43 vm #

    Jou gedig het my hart gebreek. Hy het nie vir my baklei ni.

    • hx November 17, 2014 at 1:19 nm #

      En hy ook nie vir my nie. Die son skyn more weer! Moenie gaan lê nie, hou jou kop hoog en bly lief vir jouself Hx

  5. mm September 11, 2015 at 12:43 nm #

    Absoluut asemrowend! Presies hoe ek voel… Hierdie knop in my keel is omdat ek verstaan; maar jou woorde het dit pragtig uitgebeeld! Baie dankie❤

    • hx September 11, 2015 at 1:14 nm #

      Baie dankie. Waardeer jou boodskap xxx

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: