Weggesluit…

15 Apr

toegesluite emosies

mond gesnoer

gedagtes verban

hartsbegeertes weggesluit

my drome hou steeds aan

 

ideale van ongekende passie

onbeskryflike vriendskap

een wees

totaal en al

in gedagtes en gees

 

geregtige gevoelens

ongelooflike emosies

ongeregtig afgemaak

maak of dit nie bestaan nie

vir my maak dit saak

 

ongekende liefde

absolute eerlikheid

uit respek en waardering gebore

pas dit op

voor jy weet is dit verlore

 

© Hx

geslote liefde

4 Responses to “Weggesluit…”

  1. Sandra Joyce April 17, 2014 at 3:10 nm #

    Liewe Hx jy praat my taal..ek kry skoon hoendervleis!! Ek deel al jou skrywes met my maatjies!! Baie dankie hoor?

    • hx April 22, 2014 at 9:02 nm #

      Baie dankie…probeer sin maak van wat in my hart aangaan. Meestal laat my mond my in die steek, alles kom uit in ‘n warboel van woorde gemeng met die seer, daarom skryf ek maar. Ek is bly jy hou daarvan, en dankie dat jy dit deel. Hx

  2. Santie Stander April 14, 2015 at 5:44 vm #

    Goeie more.

    Ek het voorheen gereeld jul gedagtes nuusbrief ontvang en sal dit graag weer wil ontvang, ek het egter nou my eie email adres en ek sal baie bly wees as jul dit in die vervolg na my nuwe email adres kan stuur. Hierdie email adres kan jul egter ignoreer aangesien dit my man sin is.

    Baie dankie.

    Groete

    Santie

  3. Santie Stander April 14, 2015 at 6:05 vm #

    From: Santie Stander [mailto:fjstander@mweb.co.za] Sent: Tuesday, April 14, 2015 7:45 AM To: ‘Gedagtes’ Subject: RE: [New post] Weggesluit…

    Goeie more.

    Ek het voorheen gereeld jul gedagtes nuusbrief ontvang en sal dit graag weer wil ontvang, ek het egter nou my eie email adres en ek sal baie bly wees as jul dit in die vervolg na my nuwe email adres kan stuur. Hierdie email adres kan jul egter ignoreer aangesien dit my man sin is.

    Baie dankie.

    My email adres is santiestander3005@gmail.com

    Groete

    Santie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: