Spring saam met my

10 May

die smag

hunkering

soeke

na ‘n lewende droom

geskryf in die hemel se boeke

 

rustigheid en kalmte

in die wete dat ons pas

in ons siel en gees

om sonder voorbehoud

net te kan wees

 

geen woorde nodig

die stilte is genoeg

ons harte is gebind

‘n geestesband

die spoke wat ons jaag kan dit nie verslind

 

ja, daardie ewige verwagting

dit is my dalk eendag beskore

om saam met jou te kan droom

die toekoms te kan beplan

saam sit onder ons eie boom

 

gesels oor ons planne

reise saam te neem

nuwe dinge te soek

plekke, mense en gewoontes

al is dit net in ‘n boek

 

ek WIL saam met jou droom

glo daar is ‘n toekoms

ek weet saam is ons tot groot dinge in staat

as jy my net ‘n kans sal gee

en jou verlede kan agter laat

 

gee saam met my die sprong

in liefde en vertroue

die kans is altyd daar dat ons kan seerkry

maar ek is bereid om die kans te waag

kom jy saam met my?

 

© Hx

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: