Here help my!

12 May

vrou wat vas staan in die storm

 

 

 

 

 

 

 

ek hardloop in sirkels

dit voel asof alles te veel raak

die donker dreig om my in te sluk

ek staan voor God geheel naak

 

geen meer pretensie

niks om die foute mee weg te steek

my lewe ontbloot

my hart in die bloed van seer geweek

 

ek is besig om te val

ek het voete van klei

my lewe hang bo die afgrond

Here help my

 

wanneer gaan dit ophou

hierdie ewige stryd in my

die gevoel dat ek te kort skiet

my verlede wat my ry

 

Here maak my hart weer heel

leer my om te vertrou

op U, in myself, en ook die wat my liefhet

ek het reeds te veel wat ek berou

 

help my om U wil te leef

al is die paaie smal

U beloof om my hand vas te hou

selfs in die diepste dal

 

dankie dat ek nie meer alleen is nie

dankie dat ek lig kan sien

help my om in liefde en vrede

U, en ook dié om my, te kan dien

 

hou my oë op U gevestig

help my om die demone weg te jaag

hulle wat net wil verwoes

saam met U kan ek hulle uitdaag

 

‘n nuwe lewe

gevul met liefe en vrede

rustigheid en hoop op ‘n beter toekoms

net U is die rede

 

© Hx

2 Responses to “Here help my!”

  1. monica Mei 12, 2014 at 7:48 nm #

    Dit is so pragtig, voel of dit net vir my geskryf is. Baie dankie

    • hx Mei 13, 2014 at 11:26 vm #

      Dankie. My pad is maar rof die afgelope tyd xxx God is wonderlik! Hx

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: