Mag ek

13 May

Vraag-hart

 

 

 

 

 

 

 

My skat,

mag ek met jou eerlik wees

met jou openlik praat

oor elke droom en vrees?

 

My bokkie,

mag ek alles met jou deel

sonder om te voel ek verbreek

die een of ander ongesproke reël?

 

My engel,

mag ek naak voor jou staan

elke gedagte ontbloot

sonder vrees dat jy weg sal gaan?

 

My liefde,

mag ek jou onbeheersd liefhê

jou my hele hart gee

jou vertrou met alles wat ek wil sê?

 

My enigste,

mag ek jou myne noem

droom van ‘n toekoms saam

tot ons albei se laaste soen?

 

© Hx

 

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: