Trane van liefde

19 May

trane van liefde

 

 

 

 

 

 

 

 

vandag, die eerste keer

saam in emosie

hartsgevoel

verenig in ons trane

vir mekaar bedoel

 

die woorde uit jou mond

eerlik en opreg

sweef op vlerke van Bo

direk na my hart

nou kan ek glo

 

ons voel dieselfde

ek en jy

en in die seer

loop my hart oor van vreugde

ek kan myself nie keer

 

ek voel vir die eerste keer jou liefde

vasgevang in die trane oor jou wange

jy was nog nooit so mooi vir my

ek weet dit nou

dit is by my wat jy wil bly

 

dankie vir hierdie kosbare geskenk

jou hart wat jy aan my toevertrou

ek sal my bes probeer om dit op te pas

maak nie saak wat gebeur nie

ek hou jou styf teen my vas

 

moenie moed verloor nie

al weet ons nie wat die toekoms inhou

Die Here het altyd ‘n plan en doel

ek het geen idee waarheen ons oppad is nie

maar ek weet dat ons presies dieselfde voel

 

ek weet ek is lief vir jou

en ek weet jy is vir my

dit is meer kosbaar as enige aardse ding

kom ons stap die pad saam

en deel alles wat die toekoms bring

 

© Hx

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: