ek is lief vir jou

20 May

niks maak sin nie

woorde is nie genoeg

hoe beskryf ek wat ek voel

die malende gedagtes

ek het gedink ons is vir mekaar bedoel

 

hoe hanteer mens hierdie situasie

ek probeer dink aan die beste ding vir jou

ek sluk die trane weg

weet ek moet wegstap

maar ek wil so graag vir jou veg

 

ek wil jou smeek om te bly

wil so graag hê ons moet saam probeer

ek kan nie my nie ‘n lewe sonder jou indink

om nie te weet waar jy is, hoe jy voel

dit voel asof ek besig is om te sink

 

ek wil weet jy is myne

jou hart, jou gedagtes

ek hoop jy besef wat ek probeer sê

ek wil jou nie verloor

ek wil jou so bitter graag in my lewe hê

 

ek weet jy moet weggaan

dit is die beste ding vir jou

ek is regtig bereid om vir jou te wag

ek wil probeer om jou te ondersteun

maar ek voel ek sit net meer druk op jou elke dag

 

ek weet jy moet fokus op jouself

en ek besef dat ek opsy moet staan

as ek moet eerlik wees,

dat jy iemand anders ontmoet,

dit is my grootste vrees

 

ek wil nie hê jy moet jouself met iemand anders deel

jou gedagtes, drome, jou lyf

ek wil hê jy moet myne wees

totaal en al

in liggaam siel en gees

 

asseblief, wag vir my

soos ek vir jou

kan ons eendag saam ‘n toekoms deel

saam oud word

saam droom, lag en speel

 

© Hx

 

Geluk saam

5 Responses to “ek is lief vir jou”

  1. Alicia Esterhuizen Oktober 13, 2014 at 12:50 vm #

    Dit is n baie mooi gedig. Baie dankie Hx !!! Ek hoop daar is nog vele meer ! Binnekort !

    • hx November 17, 2014 at 1:20 nm #

      Baie dankie. My inspirasie is bietjie weg op die oomblik…sal weer skryf sodra my hart rustig is. Hx

  2. Lisa Oktober 9, 2015 at 7:02 nm #

    ‘n Baie inspireerende gedig.

  3. Stiena Liebenberg Desember 20, 2015 at 7:29 nm #

    Wow dit is so hartroerende gedig Mag God jou toevou in Sy Hand van liefde en ek bid n dubbele seën af op jou talent JsJ ryklik Hou aan skryf

    • hx Augustus 1, 2016 at 10:56 vm #

      Ag jy is wonderlik! Baie dankie. Waardeer jou woorde x

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: