Keuses – annerman

22 May

Ek het hierdie raakgelees vandag en dit beskryf 100% hoe ek soms voel… geniet dit!

 

Eenkeer in jou lewe verloor jy iemand
Nie omdat jy wil nie
Maar omdat jy moet
Verlore, vir altyd!

Eenkeer in jou lewe moet jy kies
‘n Keuse wat jou lewe verander
Keuses wat jou dae donker maak
Donker, vir altyd!

Eenkeer in ‘n leeftyd verander jy in ‘n akteur
Jou dag ‘n toneelspel
Opgemaakte woorde
Toneelspel, elke dag!

Eenkeer in ‘n leeftyd beleef jy verlies
Verlies wat deur jou wese sny
Die fondamente van jou menswees kraak
Beskadig, vir altyd!

Elke dag van my lewe kyk ek in hulle oe
Die oë van onskuld
Oë van vergenoegdheid
Liefde, onkondisioneel!

Elke dag van my lewe speel ek toneel
Die versinnebeelding van geluk
Stadig vermoor ek my siel
Dood, stadig!

Elke dag van my lewe mis ek jou
Gepynig
Verlange
Huil, sag!

Elke dag van my lewe kies ek
My kinders?
My sielsgenoot?
Keuses, vir altyd!

-annerman

http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/keuses-1400491456

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: