Pappa Vader

22 May

alleen

 

 

 

 

 

 

 

Pappa Vader

ek voel vannaand alleen en hartseer

dit voel asof ek geen beheer het

absoluut geen sê

oor wat in my lewe gebeur

 

dit is donker in die dag

my lewe sonder U lig

ek soek na U genade

veral ook in die stilte van die nag

 

bedags hardloop ek weg van myself

ek hou my besig met te veel dinge

omring met mense

hou aan met die daaglikse delf

 

wanneer alles dan stilraak

besef ek ek is alleen

net ek, my drome en vrese

gedagtes wat my mal maak

 

ek bid vir U vrede

rustigheid in my hart

die toekoms is duister

maar in U soek ek my rede

 

ek is bang

banger as wat ek nog ooit was

ek maak my hart oop

is dit reg, is dit in U plan?

 

Here, seën asseblief my lewe

vermenigvuldig my vreugde

maak my heel

gee my rustigheid en vrede

 

© Hx

 

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: