Tyd…

25 May

tyd

 

 

 

 

 

 

 

ek was rustig in myself

gelukkig in my alleenheid

en toe is daar jy

onverwags en onbeplan

en nou wens ek dat jy in my lewe kan bly

 

vlietende oomblikke

hopeloos te gou verby

meer tyd met jou is my wens

sodat jy my hart kan sien

en ek jou kan leer ken as mens

 

ek smag daarna om die horlosie te beheer

dit te vries in ons tye saam

net ‘n bietjie meer

vergewe my asseblief

ek kan myself nie keer

 

‘n ekstra minuut

‘n ekstra uur

dit is al wat ek vra

dit sal genoeg wees

om my deur die dag te dra

 

dit klink eufories

tyd saam met jou

dit is my hartsgevoel

net tyd

wie weet, dalk is ons vir mekaar bedoel 

 

© Helga Gouws

 

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: