Die fout…

9 Jun

Ek het jou lief,

maar dit is nie die fout nie.

Die manier waarop ek jou wou liefhê,

DIT is waar die groot misverstand ingesluip het.

Waar my aksies nie gewys het wat ek met my hart wou sê.

 

Soos ‘n dief in die nag,

onverwags, dit het my onkant gevang.

Die skielike besef van my innerlike plan,

dat ek jou wou red van jouself,

ek het gedink ek sou kan.

 

Die seer wou ek beter soen,

die verlede weg wens.

Jou spoke wou ek vrou-alleen trotseer,

en ek kon nie,

maar ek wou ook nie leer.

 

Ter vergeefs het ek baklei,

teen myself meer as teen jou.

Ek WIL, ek KAN en ek sou…

Maar die stille wete het my oorrompel,

en ek het diepe berou.

 

Spyt oor woorde, aksies en gedagtes.

Ek moes jou net laat begaan.

Nou probeer ek opmaak,

spasie en onbaatsugtige liefde my geskenk aan jou.

Dalk eendag sal jy dit waardeer as jy weer rustig raak.

 

Weet net ek het jou lief.

Dalk nie hoe jy dit nodig het,

of wat reg is vir nou,

maar die hoop beskaam nie,

ek is hier vir jou.

 

© Helga Gouws

Lewer kommentaar