Onbeheersde, onvoorwaardelike liefde

10 Jun

God is lief vir jou

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hy het gesê dat ek nooit sal wees

‘n silhouette wat hy sou wou hê.

Ek het vorm verander en myself herskep,

die meisie wat ek was het ek gou vergeet.

So ‘n liefde sal nooit lank hou nie,

skielik gaan alles verkeerd

wanneer skoonheid vergaan.

 

Maar U sê dat ek beeldskoon is,

ek het nie die wêreld se goedkeuring nodig nie.

U jaag my na,

en sê aan my jaloers:

“Jy verdien onbeheersde, onvoorwaardelike liefde”

 

Met alles wat ek het en alles wat ek is,

was my lewe onvolledig.

In ‘n see van silwer sterre

was my lewe steeds donker,

en ek het gedroom van U.

 

So ‘n liefde is al wat ek wil hê.

Ek hoef nooit te wees wie ek nie is nie.

 

Here, ek is mal oor die manier

waarop U sê dat ek beeldskoon is.

Ek het nie die wêreld se goedkeuring nodig nie.

U jaag my na,

en sê aan my jaloers:

“Jy verdien onbeheersde onvoorwaardelike liefde”

 

U passie is ‘n vuur,

‘n alles-verterende vuur.

Ek kan nie genoeg kry

van U onbeheersde, onvoorwaardelike liefde.

 

Ek is beeldskoon.

Ek het nie die wêreld se goedkeuring nodig nie.

Ek jaag U na.

Ek verdien

onbeheersde onvoorwaardelike liefde.

 

Veridia – Furious Love

© Helga Gouws

8 Responses to “Onbeheersde, onvoorwaardelike liefde”

  1. rondomtaliedraai Junie 10, 2014 at 9:56 vm #

    Hoekom lees so min mense jou? Is jy nuut?

    • hx Junie 10, 2014 at 7:13 nm #

      Ek het nie ‘n idee nie? Hoe verander ek dit? -en die groot vraag, is my blog die moeite werd om te lees?

      Gaan kyk bietjie hier: http://botd.wordpress.com/top-posts/?lang=af

      Hx

      • rondomtaliedraai Junie 11, 2014 at 5:03 vm #

        Ek sou dit nie gevra het as ek jou blog nie geniet nie. Ek sou graag wou hê my vriende moet hier kom lees.

      • hx Junie 11, 2014 at 7:01 vm #

        Baie dankie, ek waardeer dit!

        Hx

      • rondomtaliedraai Junie 11, 2014 at 5:08 vm #

        Baie geluk… soveel te meer wil ek hê mense moet jou lees?

      • hx Junie 11, 2014 at 7:01 vm #

        Dankie x

  2. Maria Kolesky September 26, 2014 at 7:44 vm #

    Ek het heel toevallig op jou artikels afgekom en het dit tot groot seen gevind. Ek sou graag gereeld van jou bydraes wou lees, want ek vind dit opbouend.

Trackbacks/Pingbacks

  1. Jy verdien 100% | Gedagtes - Junie 16, 2014

    […] het ‘n paar dae terug die lirieke opgesoek, dit losweg vertaal en op my blog geplaas (https://skoenlappertjie.wordpress.com/2014/06/10/onbeheersde-onvoorwaardelike-liefde/) …maar steeds kry ek nie regtig die boodskap nie. Vannaand, die eerste keer wat ek regtig […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: