Wildehart man

24 Jul

Aan my wildehart man…

Onder 'n boom

 

 

 

 

 

 

 

 

Wildehart man

Onthou jy,
onthou jy hoe lief was jy
vir My jy in jou kleinseuntjie dae

jy het in My geglo
met My gesels terwyl jy
karretjies gespeel het
jou klei-os dae langs die rivier
terwyl jy krale gebou het
en boer-boer gespeel het
het jy in My jou Jesus geglo

My seun onthou jy
hoe lief was jy vir My
op jou kleinseuntjie kniee
het jy elke aand vir My gebid
tot laataand met My gesels
toe kom jou tienerjare
en jou hart het wild geraak
jou jongman dae het geword
vergeet My dae

Ek sien jou daar staan
ek sien hoe jy na My verlang
Ek hoor hoe die leunstem
vrees in jou inprent
wanneer die son
vanaand verdwyn
sal jy weer wegkwyn
want die stem sê
jy is niks werd

maar My seun
nou is jy ‘n grootman
met ‘n seer wilde
verlede agter jou
maar Ek wil vir jou sê
My wildehart seun
Ek wil jou hê hoor jy My

Ek jou Vader Jesus Christus
jou kleintyd seuntjiedae Jesus
wil jou lief hê . . .

-Christine Roberts-

3 Responses to “Wildehart man”

  1. Kobus Oosthuizen Julie 24, 2014 at 1:08 nm #

    Pragtig.

  2. God se kaalvoetmeisiekind- Christine Roberts Junie 29, 2016 at 5:13 nm #

    Ek is die skrywer van die gedig en ek en my uitgewer het kopiereg hierop , jy pleeg plagiaat en dit is strafbaar .
    Blessings
    God se kaalvoetmeisiekind
    Christine Roberts

    • hx Augustus 1, 2016 at 10:51 vm #

      Hi. Ek vra groot om verskoning. Jy sal sien my naam verskyn onder aan al die gedigte wat ek geskryf het, nie onder dié een nie. Ek sal jou naam bysit as ek mag, anders sal ek dit verwyder. Ek het dit in ‘n epos gekry sonder jou naam. Weereens, ek vra om verskoning.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: