Boerius: Die hartklop van die velde

28 Jul

Sondela

 

 

 

 

 

 

 

Hoor jy die wekroep wat die berge ons bied?
Ken jy die stem van die vlaktes se lied,
hoor jy die koorsang van wind oor die gras,
die vaalbos se klaaglied oor dae wat was.

Sien jy die vertes waar blou einders beur,
die wolke se skadu’s oor rante se sleur?
Kyk jy in eind’lose golwend gewelf
wat diep in die toekoms se drome in delf?

Ruik jy die groudag se welkome kus
wat vars op die dougras se buigings kom rus?
Dring dan die reuk ook tot diep in jou siel,
wat ploegskaar gebroke in nederigheid kniel?

Voel jy die vryheid wat streel oor jou wang
soos die arend wat hoog in die lug swewend hang?
Voel jy hartklop in Afrika slag
wat sluim’rend die Boere se rooidag verwag.

 

Boerius

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: