die prys…

4 Aug

‘n nuwe toekoms blink

soms helder

dán duister

wie gaan saam met my

en wie gaan my geluk kelder

 

desperate naarstigtelike soeke

na waarheid, eerlik, opreg

wie kan ek vertrou

wie het ‘n verskuilde agenda

gaan ek tóg my keuses berou

 

my hart, my lewe

op ‘n skinkbord weggewys

niemand om te blameer

my eie keuse jy sien

daar was baie wat wou keer

 

ek weet ek moet van beter weet

my hart en drome beskerm

maar tóg bly ek hoop

glo en vertrou

en staan nogsteeds met my hart te koop

 

ek vra nie baie

munte van vertroue, eerlikheid en eer

note van liefde, hartstog, belofte en sin

dalk is my prys hopeloos te hoog

vir dié een wat ek met alles in my bemin

 

© Helga Gouws

 

Liefdes gebaar

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Love tokens:

http://just-my-type.typepad.com/blog/2012/09/

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: