Hand van vriendskap

14 Aug

wonderlike verskynsel

die hele konsep van emosies deel

jou hart uit te praat

sonder om die ander te verveel

~

die sluier te lig

eerlik te wys wie jy is

die goeie en die slegte

selfs jou diepste bekentenis

~

geen vrees in die openbaring van jou hart

onverskrokke in dit wat jy sê

nie bang vir verwerping

met iemand wat niks meer van jou wil hê

~

die lyn is getrek

‘n ongesiene streep in die sand

vriendskap het sy limiete

partykeer soek mens meer as net die hand

 ~

‘n onverborge hart aan jou toevertrou

stil-stil hou jy die waarheid van jou gevoel

‘n hartseer glimlag op jou gesig

en niemand weet wat jy eintlik bedoel

 ~

vriendskap is die enigste belofte

jy mag nie vra vir ‘n hart

soms, net soms, vang jy jouself droom

van meer as net ‘n hand…

 ~

© Helga Gouws

Hande van liefde

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: