2015

15 Dec

Die soeke na sin in die lewe lei ons soms op die vreemste manier na waarheid. In die kosmos van die lewe sien ons net ons eie sonnestelsel, net ons eie drama en ag die groot dinge in die lewe as belangrik. Ons vergeet heeltemal van die globaliteit van dit wat daar is, dit wat moet sin maak. Ons vergeet van die klein dinge, die eintlike dinge wat belangrik is en ‘n groter impak op ons toekoms het as wat ons ooit kon besef.

Ons groet die belangrike, jaag die onbelangrike ywerig na…vergeet om te waardeer, te koester en op te pas. Ons lewe vir die nou, kyk uit vir die hede, die eie ek en hoe ek nou voel is so oneindig belangrik, vir nou.

Te laat besef ons dat dit wat ons wegstoot, dit wat ons as onbelangrik ag, ‘n ongelooflike belangrike deel vorm van wie ons is, wat ons word. Eendag gaan ons terugkyk na vandag, spyt wees oor dit wat ons deur ons vingers laat glip het.

Die klein dingetjies.. die glimlag van ‘n kind, ‘n hond se vriendelike blaf, onbeheersde liefde, ‘n soen, ‘n kyk…ons ag dit as onbelangrik, maar dit is die dinge wat ons eendag gaan onthou, die dinge waarna ons gaan smag as dit te laat is.

My besluit? Waardeer die nou, die belangrike en die sogenaamde onbelangrike. Wees onbeheersd lief. Vergewe, probeer vergeet, en beweeg aan. Gryp elke dag stewig vas. Stap weg van die vir wie ek nie belangrik is nie, en hou vas aan die wat vir my omgee. Lag tot my maag pyn, huil totdat daar geen meer trane is nie. Leef gesond, hou my brein besig en my hart veilig.

Dit is ek in 2015. Positief, gelukkig en gesond. En dit alles begin met vergifnis en waardering.

© Helga Gouws
2015

5 Responses to “2015”

  1. Ellenore Theron Desember 16, 2014 at 8:21 vm #

    BAIE DANKIE VIR JOU PRAGTIGE WOORDE, EK GAAN DIT DEEL MET KOSBARE MENSE IN MY LEWE!!!

  2. Rex Desember 16, 2014 at 8:40 vm #

    Baie mooi en wyse woorde. Belangrikste wat vir my tref in die boodskap is vergifnis en waardering. Mag ek nog iets byvoeg? Dankbaarheid. Dankbaar vir nog ‘n geseënde jaar – dankbaar vir die klein dingetjies in die lewe, MAAR ons moet nooit hierdie “klein” dingetjies” ondersakt nie, want baie van hulle is werklik GROOT!
    Dankbaarheid om elke nuwe dag met al sy prag (ons Skepper se geskenk) te aanskou en te geniet. Die pragtige sang van al die wonderlike natuur met al sy diereryk soos die voëllewe en baie meer, die sagte aanraking van jou kat se liefderyke lyfie. Dankbaar vir ons lewe, om elke oggend wakker te word, goeie gesondheid te kan geniet – om te kan hoor, sien en al jou ander sintuie. Dankbaar vir hulle wat jou lief het en vir wie jy lief is – familie, vriende en ja, dankbaar dat jy nie slegs vir hulle nie, maar ook vir jou vyande kan bid. Die lysie is oneindig en so kan ons ad infinitum aangaan en besef, ons moet elke oomblik ons Hemelse Vader se seëninge op elke vinger van ons hand tel. Mag ons nooit vergeet om elke oggend/aand en ook in die dag, daar waar ons werk of ontspan, ons Skepper te loof en prys vir sy barmhartigheid, liefde, genade en vergifnis nie. Mag julle almal wat hier lees saam met julle familie en vriende ‘n ware Christusfees ondervind. Seënwense en groete – Rex

  3. Rex Desember 24, 2014 at 6:11 vm #

    Dankie, watter pragtige boodskap! “The bitterest tears shed over graves are for words unsaid and deeds left undone” – Thomas F. Healey: Don’t strew me with roses after I’m dead. When death claims the light of my brow, No flowers of life will cheer me: instead, you may give me my roses now!

  4. Rex Januarie 6, 2015 at 7:52 vm #

    REIS SAAM OP ‘N NUWE, DANKBARE LEWE
    Vroeg in die nuwe jaar is ek op die N2, terug huiswaarts. Die son se strale weerkaats in my motor se truspieël en ’n veilige stilhouplek doem eensklaps voor my op. ‘n Teken dat ek, met die naderende skemer, rustig moet raak. Onder ‘n pragtige eikeboom bewonder ek die wegsterwende son en dink…..”Hoeveel ander dinge in die lewe gaan by ons verby, terwyl ons deur die lewe jaag?” Tussen ‘n mantel van vlieswolke verskyn ‘n goue, rooi skynsel. Die kaleidoskoop vorm ‘n simfonie van kleure, wat God se skildery uitbeeld. Dan, wanneer die laaste sonstrale wegkwyn, sluit God vir hierdie oomblik sy kunsgalery se deur. ‘n Traan val op my hand. Hoeveel van ons gaan weer die son sien opkom? Hoeveel sterftes vandag nog op die pad? Sal my geliefdes en vriende veilig reis en gaan ons mekaar weer, in dankbaarheid, omhels?
    Ek reis verder met ‘n nuwe perspektief op die lewe. Veilig tuis,stap ek na my studeerkamer met ‘n maalkolk van emosies en gedagtes…….”Waardeer geliefdes en vriende – stuur ‘n boodskap – bel hulle”. In een van my gunsteling boeke vind ek ‘n aanhaling van Thomas Healey:“The bitterest tears shed over graves, are for words unsaid and deeds left undone”.

    • hx Januarie 13, 2015 at 7:37 nm #

      Die waarheid, oop en reguit. Baie dankie Hx

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: