Vertroue

5 Jan

Die stil tye

Die skielike alleen oomblikke

Dit is wanneer dit my vang

Die verlede en al my keuses

Ek is in my siel in bang

 

Nie bang vir vannaand

Vir more

Of die dag daarna

Bang vir my keuses

En wat dit van my vra

 

As gister se besluite en keuses

Dan so absoluut fataal was

Hoe kan ek myself vertrou

Dat vandag s’n

Ek nie ook gaan berou

 

Die mense wat ek inlaat

Dié wat ek wegstoot

Die keuses wat ek maak

Is dit die regtes

Gaan dit my positief raak

 

Die moeilikste is om te vertrou

In ander

Op myself

Ek sal maar net moet bid en glo

Dieper as gewoonlik delf

 

My hartsbesluit vannaand

Is om opreg te vertrou

In my Skepper se beskermende hand

Nie meer te twyfel

Hy was nog altyd aan my kant

 

© Helga Gouws

God se beskermende hand

7 Responses to “Vertroue”

  1. Liza Januarie 5, 2015 at 10:15 nm #

    Absoluut!!! Fantasties gestel!!

  2. Marilise Januarie 6, 2015 at 6:59 vm #

    Sjoe dit is mooi en so waar. Presies wat ek nodig gehad het om vandag te hoor

    • hx Januarie 6, 2015 at 8:13 nm #

      Baie dankie Hx

    • hx Januarie 13, 2015 at 7:38 nm #

      Ek is opreg bly Hx

  3. Rex Januarie 6, 2015 at 7:54 vm #

    “Al wag daar dalk moeilike tye van swaarkry en onsekerheid, stap ons die nuwe jaar in … vorentoe met hoop, bewus van die Here se genade en liefde. Die oog gerig op Jesus wat alles weer nuut en vars sal maak. Gevul met vrede en verwagting op ’n goeie toekoms. Met vertroue op die Here wat almagtig, goed en groot is. Met die leiding van die Woord wat betroubaar en waar is” – http://www.heuning.co.za

    • hx Januarie 13, 2015 at 7:37 nm #

      Baie dankie. Dit is pragtig Hx

Lewer kommentaar