Die donker…

7 Jan

Die lewe maak soms nie sin nie
Of wel, let’s be honest…daar is baie min tye in my lewe waar dinge wel sin maak.

Ek het te veel vrae en te min antwoorde.
My lewe was nog nooit so onseker soos nou nie.
Bang om te vertrou, deurmekaar soos die spreekwoordelike verkleurmannetjie op ‘n smartieboks.
Niks maak sin nie. Niemand in my lewe (behalwe natuurlik my ouers en my kinders) is konkreet nie, nie my vriende of dié een vir wie ek met alles in my lief is nie.

Elke dag voel soos ‘n tight-rope walk (wat de heng is die afrikaans vir tight-rope walker…dalk kan iemand help). Ek voel soos ‘n terrible mens, ‘n mislukking in die meeste goed.

Dalk is dit net die stilte van die nag wat my vang… al geluid die radio in die agtergrond en die woer van die waaier. Die donker bekruip my onverwags…nes ek dink ek is in die wonder hitte van die son se strale. Nooit kan ek rustig wees, nooit kan ek ontspan nie.

Sal ek ooit weer die onskuld van my jeug kan vasvang? Sal ek ooit weer kan vertrou sonder twyfel? Sal ek ooit weer kan glo dat iemand my onbeheersd en sonder oordeel kan liefhê? Sal ek ooit weer in myself kan glo?

Dit lei my nou tot die volgende vraag. Waar het alles verkeerd geloop? Hoe het ek so sinies geraak? Wanneer het ek begin twyfel in myself, in my oordeel en my eie vermoëns? Ek probeer ‘n insident pinpoint, probeer ter vergeefs soek na die antwoord, of eerder die wortel, van hierdie boom van selfbetwyfeling in my. Iewers het ek begin glo dat ek nie goed genoeg is nie, en met alles in my wil ek weet wanneer en hoekom dit gebeur het.

Al wat ek kan doen is bid. Bid en glo dat my God, my Pappa Vader waarin ek met alles in my glo, wel bestaan, wel my harts-lied hoor en wel omgee. Dat Hy my liefhet, onbeheersd en sonder oordeel. Dat ek eendag sal verstaan hoekom dinge gebeur soos dit gebeur, hoekom mense seermaak, en hoekom ek so totaal en al alleen voel.

Jammer dat ek vannaand so donker is. Dit is seker maar terapeuties om daaroor te skryf, om jou hartsgevoel die duister in te stuur. Om net te kan skryf wat ek dink en voel sonder enige bekommernis dat iemand gaan oordeel.

© Helga Gouws

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: