Skoenlappers

7 Jan

Skoenlappers
Prentjie mooi
Hul sweef deur die lug

Rustig, stadig, sonder bekommernis
Vreedsaam en onder beheer

Sodra jy naby is
In gedagte of persoon
Word hulle mal
Hul fladder intens en deurmekaar
Ek probeer hulle keer

Ek wil hulle vasvang in ‘n net
Hul prop in ‘n houer
Probeer van hulle vergeet
Of die gefladder net bietjie rustiger maak
Myself beskerm teen die seer

Ter vergeefs hierdie oorlog
Teen die skoenlappers in my
Ken jy hul by die naam?
Roep jy uit volle bors?
Hoekom sal hulle so reageer?

Ek gil op hulle
Skree!
Smeek hulle om stil te raak
Vra bitter mooi
Om net vir eens te kalmeer.

Hulle weier om te luister.
Maak nie saak wat ek doen.
Hulle probeer aanhoudend vlieg na jou.
Ken jy hul by die naam?
Hoekom roep jy elke keer?

Dan raak hulle stil, net vir ‘n sekonde.
Ek dink ek is verlos….
Net om weer wakker te skrik met hierdie dol gemaal binne my
Sê my dit is jy wat hulle roep
Hoekom gebeur dit weer en weer?

© Helga Gouws

                                                                                                                                                         Skoenlapper

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: