Leeg…

13 Jan

Die leegvoel oomblikke

Kop hang, skouers sak

Uitgetap en sonder moed

Weghardloop trane

Voel net vir niemand goed

~

Maklike seerkry

Oor-sensitief

Besig om oor alles te wroeg

Probeer teen dit baklei

Ek is net moeg

~

Dan kom die boodskap

Jeremia 29:11

Daar is lewe

IEMAND gee om

Ek het weer krag om na ‘n beter tyd te strewe

~

God belowe dat Hy daar is

Dat Hy my nooit alleen sal los nie

As ek bly glo

Bly vertrou

Hy my krag sal gee van Bo

~

My belofte aan jou

Moet nooit ophou glo nie

Moenie ophou bid

God is in beheer

Onthou net om soms by Sy voete stil te sit

~

© Helga Gouws

~

Jeremia 29:11 ”Ek weet wat Ek vir julle in gedagte het. Ek beplan dat goeie dinge met julle sal gebeur en nie slegte goed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê.” –Die Boodskap-

~

God se liefde

2 Responses to “Leeg…”

  1. Rex Januarie 14, 2015 at 6:41 vm #

    “Trusting God is wisdom, knowing God is peace, loving God is strength and faith in God is courage”.
    In die “Leegvoel” oomblikke van ons lewe, kan ons nie op eie krag staatmaak nie en moet ons, in volle geloof, op God vertrou. Wanneer daar ‘n storm binne ons woed en ons dalk ‘n eensame pad stap weens bekommernisse, sê die Here in Jesaja 43 v 1-2: “Wees nie bevrees nie. As jy deur water gaan, is Ek by jou en deur riviere, hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal dit jou nie skroei nie en die vlam jou nie brand nie, want Ek is die Here jou God.” Ook Ps. 37:5 bevestig dat ons Hom kan vertrou: “Laat jou weg aan die Here oor en vertrou op Hom en Hy sal dit uitvoer””.

    In die woorde van Norman Vincent Peale: “Frequently remind yourself that God is with you, that He will never fail you, that you can count upon Him. Say these words, “God is with me, helping me.”
    As alles nie nou, ten goede gebeur nie, sal God uiteindelik die storms in ons lewe kalmeer. Robert Schuller antwoord:
    “I have faith, knowing tomorrow will hold the blessings of God.
    Live by Faith, one day at a time.
    Fear ends where faith begins.
    Faith is the light that guides you through the darkness.
    The Lord will either calm your storm . . . or allow it to rage while He calms you.
    Have faith, knowing tomorrow will hold the blessings of God”.

    Nog ‘n bietjie geestelike “medisyne”: Eric Liddell: “Our broken lives are not lost or useless. God’s love is still working. He comes in and takes the calamity and uses it victoriously, working out His wonderful plan of love.”
    Albert Einstein: “There are only two ways to live. One is as though nothing is a miracle. The other is as if everything is”.

  2. Genieve Moses Maart 29, 2016 at 9:15 vm #

    Die Here stel ons nooit teleur daarom kan ons vashou aan sy belofte

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: