My hart of my lyf?

18 Jan

Weggesteek vir die wêreld

Tog die wat saakmaak weet

Ons liefde vir mekaar

Te veel om te meet

Hartstog en openlikheid

‘n Snaakse kombinasie

Ek voel meestal so deurmekaar

Veral in die alleenwees oomblikke

Wat is leuens en wat is waar?

Gemengde seine

Jy vat my wanneer jy wil

Los my as dit jou pas

Steek my vêr weg

In die dieptes van jou kas

Saam voel ons vir mekaar bedoel

Jy verstaan my beter as enige een

Jou hart is eg

Al is dit soms moeilik om te verstaan

Dit glo ek opreg

Daar is niemand anders

Ek vertrou jou met alles

Is dit vir my wat jy wil hê?

As dit is wat jy dink

Hoekom kan jy dan nie so sê?

Wat wil jy regtig hê?

My hart of my lyf?

Dit is ‘n onkeerbare vraag

Antwoord my eerlik

Sal jy dit waag?

© Helga Gouws

My hart of my lyf

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: