Wie is ek?

18 Jan

Party dae, wag, meeste dae, wonder ek oor my doel, waarooor dit alles gaan. Hoekom mense mekaar so seermaak, helaas nie altyd net fisies nie, maar meestal met aksies en woorde. ‘n Koue skouer, nog ‘n aand in die donker staar na die persoon wie jy so lief het se rug…

Dit word dan ook sommer onthou oomblikke. Terug dink aan al die lekker lag, ja, daai lag-buie wanneer die trane rol en jou mond sommer seer raak. Hoekom is daar so min sulke oomblikke? Hoekom laat ons toe dat die wonder van die lewe by ons verbygaan? Hoekom is ons so behep met sukses en dinge wat pla? Hoekom kan ons nie net waardeer en geniet nie?

Ek het nie antwoorde nie, want ek is die grootste skuldenaar as dit by die lewe kom. Wil altyd ‘n ding tot die been oopvlek, in plaas daarvan om dinge net te geniet, om ‘n verhouding/situasie/gebeurtenis net te waardeer vir wat dit is. “Over-analysing” is wat die geleerdes dit noem. Ek analiseer konstant mense se bedoelings, die rede hoekom hulle goed sê of doen.

Ek dink dit kom neer op die verwronge beeld van myself wat ek in my hart ronddra. Ek sien myself nooit as goed genoeg nie. Of dit nou is as ‘n mamma, lewensmaat, kollega of spanmaat. Ek is my grootste vyand, my grootste critici.

My wens? Dat ek my eie waarde sal besef. Dat ek sal weet ek is goed genoeg. Dat ek trots kan wees op wie en wat ek is, wat ek bereik het. Dat ek vir eens in myself sal glo.

Dit sal beteken dat ek nie meer sal toelaat dat mense my gebruik nie, dat ek sal wegstap van situasies, mense en verhoudings wat my seermaak.

Dit is makliker gesê as gedaan, glo my.

Ek soek my waarde in mense en dinge. Ek is seker nou hopeloos te eerlik. Dalk is dit tyd om myself in die spieël te sien vir wie ek is, nie vir wie ek dink ek is of wie ek graag wil wees nie.

Ek is:

  • ‘n Kind van God
  • ‘n Vrou
  • ‘n Ma
  • ‘n Mens met ‘n goeie hart
  • ‘n Wese met ongelooflike passie vir die lewe
  • Stukkend
  • Seergemaak
  • Reg vir ‘n wonderlike toekoms
  • Worthy

Ek is nie:

  • ‘n Slegte mens nie
  • ‘n Patetiese ma nie
  • Iemand wat mense met opset seermaak nie
  • So hard en braaf soos wat almal dink nie
  • Meer bang vir die lewe nie
  • Iemand om te gebruik om beter te voel oor jouself nie
  • Enige een se vloerlap nie

Daarsy! I am worthy!!! Dit is die les wat ek vir myself wil leer vandag. Ek verdien liefde, geluk en ‘n wonderlike toekoms. Ek verdien ‘n tweede kans. Ek gee myself daardie kans.

Ek wil ook sommer die geleentheid gebruik om dankie te sê vir almal wat saamlees, dié wat altyd bemoedig. Dankie vir die boodskappe en e-posse. Dit is wonderlik om te weet daar is regtig mense wat omgee. Wat ‘n eer om deel te wees van jou lewe, al is dit net vir ‘n kort rukkie op jou skerm.

Met baie liefde

© Helga Gouws

-Jy kan my epos by skoenlappertjie.gedagtes@gmail.com-

2 Responses to “Wie is ek?”

  1. Ellenore Theron Januarie 18, 2015 at 2:49 nm #

    Jy is so ‘n opregte mens!!!

    Pragtig, sommige van ons wil net altyd die beste vir almal he en glo altyd dat ander ook so oor ons voel, maar ongelukkig nie, in hierdie stukkende wereld waar ons lewe verwag ons dat veral christene opreg is maar hulle stel net altyd teleur, ‘n mens kan eenvoudiog niemand vertrou nie, selfs christene, want meeste dink net aan hulself, selfsugtig, gun ander niks nie, en dus kan n mens nooit onderskei tussen regte opregte christene nie, geld en wereld se goed kom altyd eerste in meeste ‘christene’ se lewe, die 2de gebod wederliefde vir jou naaste bestaan nie mense soek net altyd die beste vir hulself, al moet hulle ander misbruik om dit te kry, nooit dankbaar en opreg nie. So jammer dat hulle die wonder van die lewe misloop deur hul geldgierigheid!!

  2. rondomtaliedraai Januarie 18, 2015 at 3:47 nm #

    ‘n Mens probeer maar altyd…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: